100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
700 – 720

Vermeende chroomdiewe op heterdaad betrap

Die polisie in Mpumalanga sê hulle het gister sowat 80 mense betrap waar hulle chroom van ‘n goederetrein tussen Dullstroom en Belfast af steel. Woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het reageer op inligting van die Samancor Eastern Chrome Mine. Die plunderaars het op die vlug geslaan en in die…
11 May 2023 4AM 1 min

N4 weens protesaksie gesluit

Die N4-tolpad is tans in die omgewing van Vosman gesluit weens protesaksie. Motoriste wat vanaf die Laeveld Gauteng toe reis is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Die pad was net na 10-uur in beide rigtings gesluit. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala:
10 May 2023 4AM 1 min

Vermeende transitorower bly in aanhouding

‘n Vermeende transitorower wat gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen. Zakhele Mnisi (39) is Vrydagmiddag aangekeer na ‘n transitoroof tussen Mkhulu en Hazyview. Volgens die Valke het sowat sewe gewapende aanvallers in drie voertuie ‘n G4S gepantserde voertuig…
9 May 2023 8AM 1 min

Voortvlugtige renosterstroper in Kabokweni aangekeer

‘n Vermeende renosterstroper wat voortvlugtig was voor die gereg is Saterdag in Kabokweni met behulp van ‘n wenk van die publiek her-aangekeer. Odis Maluleke is aanvanklik in 2015 gearresteer toe hy en drie ander die Krugerwildtuin probeer binnegaan het met onder meer ‘n jaggeweer. Hy is borg toegestaan en het…
9 May 2023 7AM 1 min

DA vra OB om ondersoek in te stel na Mpumalanga Varsproduktemark

Die DA het die Openbare Beskermer gevra om ondersoek in te stel na die vertragings en koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark. Konstruksie is 12 jaar gelede aangekondig. Volgens Bosman Grobler is meer as 2-miljard-Rand reeds daaraan spandeer. Hy sê die LUR vir finansies, toerisme en ekonomiese ontwikkeling,…
9 May 2023 5AM 1 min

Wyksraadlid aangekeer wat tiener glo probeer verkrag

‘n 39-jarige wyksraadslid verskyn vandag in die Kriel-hof op aanklagte van huisbraak, aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot verkragting. Volgens die polisie in Mpumalanga het die man Vrydag saam ‘n vriend gedrink terwyl die kind se ma by die werk was. Hy het sy vriend…
8 May 2023 4AM 1 min

Valke waarsku staatsamptenare oor vals ondersoeke teen hulle

Die Valke in Mpumalanga waarsku die publiek teen mense wat hulself as polisiebeamptes voordoen en staatsamptenare teiken. Volgens die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, toon hulle vervalste dokumente met ‘n Valke-briefhoof waarvolgens ‘n lasbrief vir die slagoffer se inhegtenisname uitgereik is weens beweerde bedrog, wan-administrasie of diefstal. Hulle eis dan omkoopgeld…
4 May 2023 8AM 1 min

Voormalige Eskom-werknemer tronk toe vir bedrog

‘n Voormalige administrasieklerk by Eskom is tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog, korrupsie en geldwassery in die gespesialiseerde hof vir kommersiële misdade in Mbombela. Nwabisa Ngxola het saam met twee medebeskuldigdes gewerk om vervalste fakture te verwerk vir dienste wat nie aan Eskom gelewer is nie. Chimanzi Investments…
4 May 2023 6AM 1 min

Polisie ondersoek die skiet dood van 'n man en vrou

Die polisie ondersoek die skietdood van ‘n egpaar in Standerton. ‘n 34-jarige vrou het haar 42-jarige man, ‘n werker op die Kromdraai-plaas, besoek toe skote by hul huis gehoor is. Hulle is gisteroggend in ‘n plas bloed ontdek met ‘n vuurwapen en drie leë patroondoppies langs hulle. Die vrou is…
2 May 2023 9AM 1 min

Twee Mosambiekse burgers gevonnis vir smokkelary

Twee Mosambiekse burgers is die week gevonnis vir smokkelary. Volgens die Valke is Sibusiso Vincent Fakude en Anastercia Timane op 10 Maart by Lebombo-grenspos aangekeer met nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 1-komma-9-miljoen-Rand. Hulle het nie die korrekte doumentasie gehad nie. Die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Komatipoort het…
27 Apr 2023 3AM 1 min

Voormalige bestuurder by Kriel-kragstasie gevonnis vir bedrog en diefstal

‘n Voormalige finansiële bestuurder by Eskom se Kriel-kragstasie is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en diefstal. Volgens die Valke in Mpumalanga het Sifiso Jacob Masina (42) tussen Mei 2011 en Februarie 2012 amper 514-duisend-Rand betaal aan twee maatskappye wat aan homself en sy ma behoort het, sonder dat…
27 Apr 2023 3AM 1 min

Vermeende mensehandelaar skuldig dat hy onwettig in die land is

‘n Man wat aangekla is van mensehandel is vrygespreek op dié klagte in die Bethal-landdroshof. Die 43-jarige Eduardo Teixeira is egter skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Dinsdag tot twee jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis. Hy is aanvanklik daarvan aangekla dat…
27 Apr 2023 3AM 1 min

DA gaan Menseregtekommisie toe oor Witrivier se water

Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp. Trudie Grovè-Morgan sê verskeie munisipaliteite het geen alternatiewe kragopwekking by pompstasies nie en tesame met verouderde infrastruktuur laat dit inwoners vir dae aaneen sonder water. Sy sê inwoners van…
27 Apr 2023 3AM 1 min

DA opponeer die beplande stigting van 'n vierde distriks-munisipaliteit in Mpumalanga

Die DA het aan die Munisipale Afbekeningsraad geskryf oor die voorgestelde veranderinge aan munisipale grense in Mpumalanga. Volgens Bosman Grobler ondersteun die party die voorstel om die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit te verwyder om ‘n nuwe plaaslike owerheid te skep. Die party is egter gekant teen die skep van ‘n…
26 Apr 2023 8AM 1 min

Drie stropers swaar gevonnis in Skukuza

Drie stropers is swaar gevonnis in Skukuza vir drie renosters wat hulle in November 2019 in die Malelane-area van die Krugerwildtuin gestroop het. Teddy Dlamini is 39 jaar opgelê vir onder meer onwettige betreding van die wildtuin en die rig van ‘n vuurwapen. Zwelithini Mathebula en Lucky Mhlongo is tot…
26 Apr 2023 6AM 1 min

Valke ondersoek Mej. Mpumalanga-kontrak

ActionSA in Mpumalanga verwelkom die ondersoek deur die Valke na die tender wat die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder (MER) na bewering vir 12 jaar onregmatig toegeken het aan Mzimari Productions Company om die Mej. Mpumalanga-kompetisie aan te bied. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die voormalige voorsitter van die…
26 Apr 2023 3AM 1 min

Deel van Witrivier nou reeds twee weke sonder water

Dele van Witrivier het vandag reeds meer as twee weke geen water in hul krane nie. Veral die boonste deel van Peter Grahamstraat loop erg deur. Volgens Silulumanzi, wat water vanaf die Boschrand-reservoir daarheen pomp, vererger beurtkrag en onwettige aansluitings tussen Nelspruit en die betrokke waterreservoir in Witrivier die situasie…
25 Apr 2023 6AM 1 min

Wêreld Malaria-dag

Dit is Wêreld Malaria-dag. Jaco Venter van Mopani-apteek sê dit is vir veral besoekers baie gevaarlik, omdat hulle dalk nie die nodige behandeling daarvoor sal kry in hul tuislande nie.
25 Apr 2023 4AM 1 min

De mooie Ark in historiese Lydenburg

De Ark Gastehuis in Lydenburg bied gaste 'n luukse Afrika-ervaring in hierdie historiese dorp. Gaste het 'n keuse tussen B&B of selfsorg en hoewel elke moderne gerief beskikbaar is, is die decor van elke kamer unieke en oorspronklik, stylvol en antiek. Francois and Francis le Roux gesels met Andri. Luister…
24 Apr 2023 8AM 25 min
700 – 720