Polisie ondersoek die skiet dood van 'n man en vrou

Loading player...
Die polisie ondersoek die skietdood van ‘n egpaar in Standerton. ‘n 34-jarige vrou het haar 42-jarige man, ‘n werker op die Kromdraai-plaas, besoek toe skote by hul huis gehoor is. Hulle is gisteroggend in ‘n plas bloed ontdek met ‘n vuurwapen en drie leë patroondoppies langs hulle. Die vrou is op die toneel dood verklaar. Die man is vroeg vanoggend weens sy wonde in die hospitaal dood. Polisie ondersoek die moontlikheid dat hy sy vrou en toe homself geskiet het.
2 May 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min