Twee Mosambiekse burgers gevonnis vir smokkelary

Loading player...
Twee Mosambiekse burgers is die week gevonnis vir smokkelary. Volgens die Valke is Sibusiso Vincent Fakude en Anastercia Timane op 10 Maart by Lebombo-grenspos aangekeer met nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 1-komma-9-miljoen-Rand. Hulle het nie die korrekte doumentasie gehad nie.
Die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Komatipoort het Dinsdag gelas dat Timane ‘n boete van 100-duisend-Rand moet betaal of drie jaar agter tralies spandeer. Fakude is met 5-duisend-Rand boete of drie maande tronkstraf opgelê.
27 Apr 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min