OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,787 Episodes
980 – 1000

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se pryse het effens gedaal hierdie week. Die verwagting is dat pryse verder kan daal in die komende paar weke, terwyl weersomstandighede ook ‘n invloed kan uitoefen op pryse.
6 Jul 2022 3AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week verder verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer gedaal en is onder druk. Stoorlampryse het ook gedaal. Slagpryse toon ‘n sywaartse neiging. Oor die volgende maand, behoort slag- en lampryse…
6 Jul 2022 3AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die koolstof-voetspoor, nadat hy verlede week in Denemarke ‘n internasionale landboukongres bygewoon het. Hy verwys na al die internasionale lande wat deelgeneem het aan die konferensie en is van mening dat Suid-Afrikaanse lande glad nie hoef terug te staan…
5 Jul 2022 2AM 3 min

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag word verblyfreg van arbeiders wat lank op plase woon, bespreek. Moolman maak eerstens onderskeid tussen landbougrond en ander grond. Spesiale beskerming bestaan vir werkers wat as langtermyn okkupeerders beskou word, met ander woorde werkers…
4 Jul 2022 2AM 4 min

Pieter Moller berig oor groei in die getalle van Indiese renosters

Eenhoring renosters in Indiese nasionale parke is in die laaste paar jaar fyn gemonitor deur middel van gereelde sensusse. Die syfers toon dat die getalle in 4 van die parke toegeneem het met 10% vanaf die laaste sensus. Slegs 4000 van die eenhoring renosters is nog in die wereld oor…
4 Jul 2022 2AM 1 min

PM berig oor roumelkverkope wat in Georgie van vandag af gewettig word

Die vraag na roumelk in Georgie het drasties gegroei as gevolg van verbruikersbelange. Die “Raw Dairy Act” is onlangs goedgekeur en tree vandag amptelik in werking. Die wetsontwerp vereis onder andere dat roumelkverpakking ‘n waarskuwingsetiket moet insluit wat die risiko’s van ongepasteuriseerde melk uitwys
1 Jul 2022 2AM 1 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels uit Denemarke, waar hy ‘n internasionale landboukongres bywoon. Hy verwys na die probleem in die sektor wat ook internasionaal ondervind word en ander soortgelyke probleme in Suid-Afrika wat ander lande ook ondervind. Maré verwys ook na die invloed…
28 Jun 2022 2AM 2 min

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag word onwettige grondbesettings behandel en Moolman verduidelik wanneer moet ‘n hofbevel verkry word sodat onwettige besetters verwyder mag word. Hy verduidelik verder wanneer is dit ‘n misdryf en wat staan grondeienaars te doen wanneer…
27 Jun 2022 2AM 4 min

Pieter Moller berig oor eiers van batteryhenne wat in Amerika verbied word

Kalifornië in die Verenigde State van Amerika, het die eerste deelstaat in die VSA geword wat eiers van batteryhenne, verbied. Die wetgewing is onlangs goedgekeur dat henne vrye beweging, oor hokvrye spasie en behuising moet beskik en nie in hokke of batterye aangehou word nie. Proposition 12 is in wetgewing…
27 Jun 2022 2AM 1 min

PM berig oor wildsplase wat dalk as besighede belas kan word

Munisipaliteite plaas al hoe meer druk op die landbousektor om moontlik wildsplase kommersieel en nie op landbouskale aan te slaan nie. Dit kan beteken dat landbouers selfs tot soveel as 15% meer sal betaal as die voorstelle aanvaar word. Richard York, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA, reken dit kan katastrofies…
23 Jun 2022 4AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week verder verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer gedaal en is onder druk. Slagpryse toon ‘n sywaartse neiging. Oor die volgende maand, behoort slag- en lampryse weer te stabiliseer. Hoenderpryse…
22 Jun 2022 5AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor huidige rekordpryse wat deesdae vir veral stoetvee op veilings betaal word. Sekere eienskappe bring ekonomiese waarde asook beter vrugbaarheid kan ‘n belangrike rol speel by die aankoop van vee. Ander eienskappe wat prys bepaal, is swaarder karkasse…
21 Jun 2022 5AM 2 min
980 – 1000