Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor hoe om ‘n kampioen te…
Raisins SA berig oor die ontstaan van die rosyntjiebedryf in Suid-Afrika en ander interessante inligting. Daar word geskat dat Adriaan van der Stel met ongeveer 400 000 wingerdstokke op sy plaas Vergelegen geboer het. In 1833 is toekennings gedoen by wyse van ‘n goue medalje vir sy kwaliteit rosyne aan…
Die Boran Beestelersgenootskap is ‘n betreklik jong organisasie, maar het die afgelope 20 jaar groot hoogtes bereik. Tydens die organisasie se se Algemene Jaarvergadering en Nasionale veiling die afgelope naweek, is Francois Smith, ‘n leierboer in die Koster-distrik, as die nuwe President aangewys. Smith vertel van sy boerdery, die organisasie,…
Die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing het die konsepstrategie vir die gebruik van Wildsvleis gepubliseer vir kommentaar. SA Jagters het hulle lede verom kommentaar te lewer op die konsepwildsvleisstrategie vir SA, wat tans beskikbaar is. SA Jagters sal die konsepstrategie bestudeer om seker te maak dat hulle lede se…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gedaal hierdie week. Warm weerstoestande en die Russiese oorlog oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojaboonproduksie is ook onder druk. Sonneblompryse en koringpryse het ook gedaal. Laer globale…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week gestabiliseer teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het effens gedaal. Hoenderpryse en varkpryse het sywaarts beweeg…
Prof Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die huidige lae speenkalfpryse en moontlike redes daarvoor. Volgens hom is pryse van vee is tans laag. Hierdie jaar of seisoen verskil toestande redelik van ander jare. Wat is dus met pryse aan die gang? Speenkalfpryse word beinvloed deur…
Rouxan Cloete is ‘n kenner in biologiese landbou en hy verduidelik wat ‘n moontlike oplossing kan wees vir die huidige skaarsheid van kunsmis as gevolg van die Russiese oorlog. Cloete vertel van goeie navorsing wat gedoen is om alternatiewe produkte te gebruik en om met min risiko, volhoubaar hul aktiwiteite…
Die Boran Stoettelersvereniging het die afgelope naweek hulle jaarlikse veiling, dinee, prysuitdeling en vergadering by Afridome, buite Parys gehou. Die uitvoerende bestuurder van die verening, Christopher Havenga, vertel van die geskiedenis van die ras en die groot vooruitgang en suksesse wat dit in die afgelope 20 jaar behaal het. Meer…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor sterk woorde wat sterk mense…
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, in samewerking met die Rooivleisprodusente-organisasie, is ver gevorder met die ontwikkeling van ‘n naspeurbaarheidstelsel en toets tans in distrikte waar bek-en-klouseer onlangs uitgebreek het. Die stelsel is onder andere ontwikkel om op vee-identikasie te fokus, waar dit insluit die dier en die…
Julie- en Augustusmaande is tradisioneel die maande wat bekend staan as die maande waarin veldbrande die meeste voorkom. Daar bestaan verskeie voorkomingsaksies wat die publiek, sowel as grondeienaars kan volg om te voorkom dat brande groot skade aanrig. Voorkoming van brande, deur te let op buitebraaiers, sigaretstompies en onder andere…
Naspeurbaarheid van diere word al hoe meer belangrik en in Suid-Afrika is dit alreeds ‘n baie belangrike skakel in die veeketting. Akkurate gestaafde statistiese data-opnames is van groot belang. Dieregesondheidstatus en die beweging van diere, reproduksie-prestasie van bulle en koeie en tussenkalfperiode van nageslagte, is maar ‘n paar van die…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se pryse het effens opwaarts beweeg hierdie week. Die verwagting is dat pryse die huidige vlakke kan handhaaf in die komende paar weke. Sojabone se pryse het die afgelope week…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week aansienlik verswak teenoor die Amerikaanse dollar met laer ekonomiese groei as gevolg van die probleme rondom Eskom en rentekoerse wat hoog is. Stoorlampryse het effens gestyg met pryse in die Vrystaat…
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor veegetalle in SA en Namibië wat drasties verminder het. Die aankoop van vee en die aangaan van lenings, kan risiko's inhou. Maré vertel van landbouers wat moes diversifiseer om ekonomies te oorleef. Om lenings aan te gaan…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor ware gebeurtenisse uit ‘n vorige…
Voorbereidings is ver gevorder in die kantoor van die Amerikaanse handelsverteenwoordiger vir nuwe handelsgesprekke onder die Indo Stille Oseaan Ekonomiese Raamwerk (ook genoem IPEF). Die fokus handel hoofsaaklik oor die prioritisering van toegang tot Amerikaanse rooivleis, die bevordering van wetenskaplik gebaseerde handelsreels en onder andere ook die bevordering van streeksooreenkomste…
Laatroes op aartappels is een van die grootste bedreigings vir aartappelprodusente in Suid-Afrika. ‘n Voldoende swamdoderprogram is daarom uiters belangrik vir die beste behandeling en om oeste te kan red. Vog wat op die oppervlakte van die plant kan ontwikkel, veral in temperature tussen 15 en 24 grade Celsius, is…
7 Jul 2022 2AM
1 min
960 – 980
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.