OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,786 Episodes
1660 – 1680

Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die jongste vleis- en graanpryse.

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gee weer die jongste kommoditeitspryse. Van der Merwe vergelyk ook die sywaartse beweging van gemiddelde slagpryse van verskillende provinsies en merk op dat van die pryse met 17% gestyg het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar…
5 Aug 2020 11PM 3 min

Eksteen Brand se weeklikse praatjie oor tegnologie en besparings vir landbouers.

Eksteen Brand is ‘n proses-tegnologie konsultant, wat sy kundigheid deel met landbouers. Vandag behandel hy verder die proses van kontaminasie in hidrouliese olie in sy reeks praatjies. Hy behandel ook die lewensverwagting van sekere implemente. Brand verduidelik die prosesse van hoe om kontaminasie te verhoed en gee ‘n uiteensetting van…
5 Aug 2020 11PM 3 min

Pieter Moller praat met ‘n bekende boer en sakeman van die Noordwes Provinsie

Johan van Rensburg, bekende sakeman van die ALS-groep en leierboer van die Noordwes Provinsie gesels vandag verder oor die belangrikheid van waardetoevoeging, veral in die wildbedryf. As gevolg van die internasionale verbod op reis, is die wildbedryf erg negatief geraak om finansieel te kan oorleef. Van Rensburg voel alternatiewe geleenthede…
2 Aug 2020 11PM 1 min

Moontlike verband tussen melk en borskanker

Volgens ‘n berig van Global News, het ‘n onlangse studie by die Universiteit van Alabama Birmingham, getoon dat vrouens wat gereeld melk drink, ‘n groter kans het om borskanker te ontwikkel. Die navorser, Prof Wendy Demark-Wahnefried, het egter beklemtoon dat dit slegs ‘n enkelstudie is en op waarnemings gegrond is…
2 Aug 2020 11PM 1 min

PM het ‘n besoek gebring aan ‘n leierboer van Noordwes, Johan van Rensburg

Johan van Rensburg is ‘n sakeman van die bekende ALS-groep en ‘n gemengde boer met belange in verskeie distrikte. Van Rensburg deel sy siening oor verskeie sake wat tans onder bespreking is en gee ‘n interessante perspektief op grondhervorming en die moontlikheid van grondonteiening sonder vergoeding. Die wildbedryf is vir…
30 Jul 2020 11PM 3 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing tans gedurende die inperkingstyd mee gekonfronteer word. Moller gee vandag ‘n perspektief oor die weldoeners tussen ons. Mense wat dit vir ander…
30 Jul 2020 11PM 4 min

Eksteen Brand gesels vandag oor oplossings vir die probleme van water in hidrouliese stelsels

Eksteen Brand is ‘n bekende proses-tegnoloog van Hydac in Johannesburg en vandag bespreek hy ‘n probleem waarmee baie landbouers, veral besproeingsboere opgeskeep sit, naamlik water in hidrouliese stelsels. Dit is ‘n komplekse probleem volgens hom en hy gee verskillende opsies van moontlike oplossings. Brand waarsku ook teen afgesperde openinge van…
29 Jul 2020 11PM 3 min

PM gesels met ‘n leierboer in die Potchefstroom-distrik, Johan van Rensburg

Johan van Rensburg is ‘n bekende sakeman van die ALS-groep en ‘n landbouer in onder andere die Potchefstroom-distrik. Van Rensburg vertel van sy boerderyvertakkings en gee ook ‘n interessante mening oor die wildbedryf en die uitdagings wat hulle tans beleef. Van Rensburg vertel ook van die impak wat die Covid-19…
28 Jul 2020 11PM 4 min

Landbou-ekonoom, dr Frikkie Mare, gesels vandag oor fisiese leweringskontrakte

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor fisiese leweringskontrakte. In graanmarkte en die –bedryf, is dit ‘n redelike algemene metode van sake doen, maar in die veebedryf is dit totaal nuut. Volgens Mare is die kontrakte wat wel bestaan, baie beperk, hoewel voerkrale graag vaste volumes…
27 Jul 2020 11PM 2 min

PM berig vandag oor jagluiperds en olifante in Namibie.

Agriforum Namibian Agriculture berig dat jagluiperds se laaste hoop op oorlewing in die hande van boere is, veral in die Sentraal- en Oostelike streke van die land. Dr Joerg Melzheimer is ‘n bekende en toonaangewende ekoloog in Duitsland en het hierdie waardevolle navorsing onder die nagenoeg 1500 jagluiperds gedoen, wat…
26 Jul 2020 11PM 1 min

Oplossings vir die probleme van olie in water in filtrasie

Eksteen Brand is ‘n bekende proses-tegnoloog van Hydac in Johannesburg en vandag bespreek hy die bykans algemene probleem waarmee baie landbouers opgeskeep sit, naamlik olie in water. Dit is ‘n komplekse probleem in veral hidrouliese stelsels. Brand gaan in die volgende paar weke hierdie probleem verduidelik en moontlike oplossings gee…
22 Jul 2020 11PM 4 min

Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die gemiddelde vleispryse

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, vergelyk vandag die verskillende vleispryse. Van der Merwe vergelyk ook slagpryse van verskillende provinsies en streke. Hy maak ook ‘n voorspelling oor wat pryse kan maak hoe nader daar aan die einde van die jaar beweeg word…
21 Jul 2020 11PM 2 min

PM berig oor die toekoms van voerkrale in die toekoms.

Plaasmedia berig oor die toekoms van voerkrale en die algemene voorspelling is dat die bedryf in Suid-Afrika moet bybly om by veranderde omstandighede aan te pas. Naspeurbaarheid gaan ook in die nabye toekoms ononderhandelbaar word, hoewel almal nie aan die nuwe voorgestelde graderingstelsel deelneem of organiese vleis verskaf nie. Markte…
21 Jul 2020 11PM 1 min

PM gesels vandag verder met ‘n leierboer in die Noordwes Provinsie, Casper Botha

Casper Botha is ‘n leierboer van die Noordwes Provinsie wat ‘n gemengde boerdery buite Potchefstroom bedryf. Botha verduidelik landbouers se gevoel oor onsekerheid namate daar oproepe kom vir die onteiening van grond sonder vergoeding. Botha verduidelik hoe belangrik volhoubare voedselproduksie is en wys ook die belangrikheid uit van eienaarskap. Hy…
19 Jul 2020 11PM 1 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee moontlike riglyne oor wat ‘n mens…
16 Jul 2020 11PM 3 min
1660 – 1680