OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,786 Episodes
1620 – 1640

Claude Moller deel sy inspirasie vir die naweek

Claude Moller, bekende “life coach” en motiveringspreker in die landbousektor, deel sy inspirasie vir die naweek. Moller se pad kruis daagliks met alledaagse mense en hy put energie uit hierdie mense se doen en late. Hy neem ook die positiewe uit daaglikse gebeure wat ‘n verskil in ander mense se…
1 Oct 2020 11PM 4 min

Dr Johnny van der Merwe bespreek die nuutste kommoditeitspryse

Dr Johnny van der Merwe van die NWU en Hoofuitvoerende beampte van AMT gee vandeesweek se kommoditeitspryse. Die gemiddelde speenkalfpryse styg steeds en die Oos-Vrystaat lyk of hulle die beste pryse gekry het. Stoorlampryse het skerp gestyg veral in die Noord-Vrystaat. Dit was amper 30-40 % beter as verlede jaar…
29 Sep 2020 11PM 4 min

Nuus van renosters en olifante.

Botswana het besluit om weens die gebrek aan toerisme, as gevolg van die Covid-19 pandemie, die oorblywende swartrenosters uit die Okavango-delta na veiliger gebiede te verskuif. Van die 20 swartrenosters wat nog oor was, is 6 gedurende Maart vanjaar uitgewis en die regering is genoop om die res na veiliger…
29 Sep 2020 11PM 1 min

Kenner praat oor uitvoer van lewendige diere

Dr Frikkie Mare van die Universiteit Vrystaat, gee sy menining oor die uitvoere van rooivleis en hoe die mark gestimuleer kan word. Volgens hom het die uitvoer van lewendige diere na oorsese lande vir groot omstredenheid gesorg en bly dit ‘n sensitiewe saak. Die diereregte-organisasies het die uitvoer van lewendige…
28 Sep 2020 11PM 2 min

Die bekende regskenner, Hans-Jurie Moolman, gesels oor eiendomsreg

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskenner wat spesialiseer in grondhervorming. Volgens hom is grondhervorming en eiendomsreg albei belangrike skakels vir grondeienaars. Moolman verwys ook na grondeise en hoe huurarbeiders-eise in verskeie sake betrokke was die afgelope paar jaar, byvoorbeeld 10 000 eise wat in 19 jaar opgestel is. Die Wet…
27 Sep 2020 11PM 5 min

Nuus oor navorsing wat gedoen is met biodiversiteit

Ons berig vandag oor marknavorsingsnetwerke wat biodiversiteit ondersoek. Die maatskappy het nuwe riglyne vir modehuise daargestel en gee ook ‘n volledige uiteensetting van stadia van klereproduksie en die invloed op die natuur. Dit sluit in faktore soos die besoedeling van grond, waterbesoedeling en klimaatsverandering. Die maatskappy doen verder ‘n beroep…
27 Sep 2020 11PM 1 min

Nuutste oor aanlynveilings en digitale platforms

Andre, oftewel Tjoepie Groenewald van FarmSpace, is ‘n bekende ekspert en kenner in sosiale media, veral in die landbousektor. Hy adviseer gereeld landbouers in die aanwending van nuwe tegnologie om hul boerdery en besighede makliker, en selfs eenvoudiger te bestuur. Vandeesweek gesels hy oor die voordele van aanlynveilings en digitale…
24 Sep 2020 11PM 4 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
24 Sep 2020 11PM 3 min

Dr Johnny van der Merwe gee die week se jongste kommoditeitspryse

Dr Johnny van der Merwe praat oor die jongste kommoditeitspryse en daar is steeds goeie tekens vir die gemiddelde speenkalfprys. Slagpryse van voerkrale het ook gestyg. Volgens Van der Merwe het beesvleispryse goed gestyg die laaste maand, hoofsaaklik omdat daar steeds meer vraag as aanbod bestaan. Sterk plaaslike en internasionasionaal…
22 Sep 2020 11PM 4 min

Vooruitsigte vir wereldgraan- en sojaproduksie

Die Internasionale Graanraad se raming vir die totale wereldgraanproduksie in 2020/21, is drasties verlaag, hoofsaaklik as gevolg van afgraderings van koring in die VSA, Rusland en Europa. Mielies in Amerika se afgraderings was ‘n verdere bydraende faktor. Die raad het ook sy ramings vir Amerikaanse koringproduksie vir 2020/21 verlaag. Die…
22 Sep 2020 11PM 1 min

Gesigsmaskers uit wol

Fibre2Fashion berig dat die Universiteit van Lincoln in Nieu-Seeland groot regeringsfondse ontvang het om wolgebasseerde beskermingstoerusting te vervaardig wat van wol afkomstig is. Die navorsingspan het 18 maande geneem om die produk te ontwikkel om in die toekoms Covid-19 en ander pandemies se voorkomingseienskappe te verbeter. Verder berig ons ook…
21 Sep 2020 11PM 2 min

Dr Frikkie Mare gesels vandag oor nuwe tegnologie en die impak op die veebedryf.

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat bespreek nuwe tegnologie en die wyse waarop Suid-Afrikaners daaraan gewoond geraak het in die afgelope tyd. Hy verwys dan ook na verskillende aanlyn platforms. Volgens hom is tegnologie die toepassing van wetenskaplike kennis en in die veebedryg help dit baie saam met…
21 Sep 2020 11PM 2 min

PM gesels met ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou

Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Hy vertel van die toekoms van biologiese landbou in Suid-Afrika en gee wenke vir landbouers om te begin daarmee. Cloete verwys ook na die toetse en navorsing wat in laboratoriums gedoen word en hoe probleme aangespreek word en oplossings…
16 Sep 2020 11PM 3 min

Bekendmaking van Statistiek SA se jongste syfers

Dr Frikkie Mare, senior dosent en landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gee vandag ‘n interessante mening oor Statistiek SA se tweede kwartaal ekonomiese groeisyfers, wat onlangs bekend gemaak is. Teen byna 51% se inkrimping, het die landbou egter stygings getoon. Die inperkingsmaatreels en fabrieke wat gesluit was, het wel’n groot…
14 Sep 2020 11PM 2 min

Nog nuwe konsepte en tegnologiese vooruitgang in Landbou

Andre, oftewel Tjoepie Groenewald van FarmSpace, is ‘n bekende ekspert en kenner in sosiale media, veral in die landbousektor. Hy adviseer gereeld landbouers in die aanwending van nuwe tegnologie om hul boerdery en besighede makliker, en selfs eenvoudiger te bestuur. Vandeesweek gesels hy oor die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk van SpaceX…
10 Sep 2020 11PM 5 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel onder andere sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Moller verwys ook na geleenthede wat mense kan gebruik om hulself meer…
10 Sep 2020 11PM 4 min

PM gesels met Ferdie Botha, die Uitvoerende Hoof van die rosyntjiebedryf

Ferdie Botha is die Uitvoerende Hoof van Raisins SA wat die rosyntjiebedryf van Suid-Afrika verteenwoordig. Die bedryf het veral in die afgelope tyd groot hoogtes bereik en Botha verduidelik die redes vir die goeie posisie waarin hulle hulself bevind. Raisins SA produseer hoofsaaklik vir die uitvoermark. Botha verduidelik ook wat…
9 Sep 2020 11PM 3 min

Dr Johnny vd Merwe verskaf die jongste kommoditeitspryse

Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, voorsitter van AMT, gee vandag die week se jongste kommoditeitspryse deur. Volgens hom het speenkalwers se pryse redelik konstant gebly en die noordelike streke het baie dieselfde gebly, terwyl die Wes-Kaap gedaal het. Uitvoermarkte is nog nie terug na normaal nie as gevolg van…
8 Sep 2020 11PM 4 min
1620 – 1640