Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die bees- en skaapvleispryse en die verskille met karkaspryse. Hy bespreek verder ook die mededinging tudssen rolspelers en verduidelik ook die soms bo-normale styging van pryse, asook kleinhandelpryse.
Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman verduidelik sekere fundamentele regte en hoe dit vervat is in die Suid-Afrikaanse grondwet. Hy gee ‘n oorsig wat van landsburgers verwag word en hoe hulle regte tydens die inperkingstydperk gereguleer word. Optredes van landsburgers, die gebruik van fasiliteite en ander gebeurlikhede soos begrafnisse, troues en…
Insetsel van Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige wat gesels oor die sogenaamde "nuwe normaal". Hy praat oor die regskonteks van die huidige inperkings reëls.
Willem Kgomotswane is ‘n plaasbestuurder in die Hopetown-distrik. Hy is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vee-afdeling van die boerdery. Hy vertel wat hy en sy gesin tradisioneel oor die Kersgety doen en gee ook ‘n oorsig van landboutoestande in die distrik.
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy…
Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor prysbewegings . Hy bespreek die algemene lae ekonomiese groei vanjaar as gevolg van die pandemie, hoewel landbou uitgesonder is as ‘n sektor waarin positiewe groei voorgekom het. Die huidige, ware syfers is egter misleidend en landbou is omtrent die…
Zane Koeberg is ‘n bekende en kundige in die wapenbedryf wat veral spesialiseer in die uitneem van lisensies en als wat daarmee gepaard gaan. Koeberg verduidelik die stappe wat geneem moet word om die sogenaamde “groen” lisensies te verander in die huidige “wit” kaarte. Hy gee ook inligting van amnestie,…
Die Australiese wolbedryf sal binnekort meer werk aanbied vir vrouens in die landbousektor. Waar dit in die verlede meer mans was wat as nuwe toetreders die sektor betree het, is daar tans meer vroulike studente wat in landbourigtings studeer. Veral in die skaapbedryf is daar groot moontlikhede. Meer vroue sal…
Andre, oftewel Tjoepie Groenewald van FarmSpace, is ‘n bekende ekspert en kenner in sosiale media, veral in die landbousektor. Hy adviseer gereeld landbouers in die aanwending van nuwe tegnologie om hul boerdery en besighede makliker, en selfs eenvoudiger te bestuur. Vandeesweek gesels hy oor tegnologie wat hulle toepas om water…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy…
Dr Johnny van der Merwe bespreek oudergewoonte die jongste kommoditeitspryse. Hy noem dat speenkalfpryse gestyg het en pryse by veilings ook sterk sal bly. Die goeie vraag vir vleis sal waarskynlik tot die einde van die jaar bly. Van der Merwe is van mening dat die goeie voerkraalpryse van vroeg…
9 Dec 2020 1AM
4 min
1600 – 1620
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.