Kosmos 94.1 Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Daily Afrikaans South Africa Arts
449 Episodes
1 – 20

Jean-Louis gesels oor die Sokkerwêreldbeker met Jacques du Toit

In hierdie episode gesels Jean-Louis met Jacques du Toit, ’n Namibiese sosiale sokkerspeler wat vir Alte Herren van DTS (Deutsche Turn- und Sportverein) in Windhoek speel. Jacques deel sy liefde vir sokker, sy unieke reis in die sport nadat hy eers op 27 begin speel het, en sy perspektief op…
24 Jun 8AM 7 min

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Molkosan se 100 jaar van gesondheid

Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Yanna se gunsteling produk, Molkosan. Dis ’n besondere mylpaal, want Molkosan vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. Maar wat is die storie agter hierdie eeu-oue produk, en wat sê die wetenskap vandag daaroor? Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za Of stuur ’n e-pos na…
24 Jun 8AM 12 min

Hoe Word Kreatiwiteit 'n Loopbaan?

Elmero Strauss gesels met 'n kreatiewe entrepreneur oor fotografie, digitale inhoud en die kuns van visuele storievertelling. In hierdie gesprek verken hulle die waarde van kreatiwiteit, die passie wat mense dryf om hul talente uit te leef, en hoe betekenisvolle werk 'n blywende impak kan hê.
23 Jun 7AM 7 min

Jean-Louis Gesels Met Ricardo Mannetti Oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Ricardo Mannetti, voormalige Brave Warriors-afrigter en een van Namibië se mees gerespekteerde sokkerfigure, oor die Sokkerwêreldbeker. Hulle bespreek die grootste oomblikke van die toernooi, die spanne en spelers wat uitstaan, asook die impak van die Wêreldbeker op die ontwikkeling van sokker wêreldwyd. Mannetti deel sy kundige insigte…
23 Jun 3AM 11 min

Die Sokkerwêreldbeker Onder die Loep

Jean-Louis gesels met Garren Smith oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die wêreld se grootste sokkertoernooi so besonders maak. Hulle bespreek die spanne, verwagtinge, hoogtepunte en die opwinding wat die toernooi regoor die wêreld skep.
18 Jun 6AM 9 min

Prostaatgesondheid: Ken die tekens en neem betyds aksie

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor prostaatgesondheid tydens Juniemaand. Hulle bespreek waarom dit belangrik is om oor die prostaat te praat, watter tekens mans tussen die ouderdomme van 50 en 80 kan ervaar, en hoe vroeë optrede 'n verskil kan maak. Die gesprek fokus ook op A. Vogel Prostasan-kapsules, wat…
18 Jun 5AM 12 min

Elmero Strauss in Gesprek met Magnolia Lawrence

Elmero Strauss gesels met Magnolia Lawrence, ’n bemarkingsbestuurder, kreatiewe direkteur en kommunikasiestrateeg. Van kreatiewe idees tot die bou van sterk handelsmerke, deel Magnolia haar inspirerende reis van visie, deursettingsvermoë en voortdurende groei.
16 Jun 8AM 6 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 Junie 2026

JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
16 Jun 8AM 6 min

Wêreldsokker Skop Af: Collin Benjamin Oor Meksiko vs Suid-Afrika en die Toernooi

Jean-Louis gesels met die voormalige Brave Warriors-kaptein en -afrigter, Collin Benjamin, oor die internasionale sokkertoernooi wat vandag afskop. Met die eerste wedstryd tussen Meksiko en Suid-Afrika om 17:00, deel hy sy insigte oor die toernooi, die kanse van die spanne en wat ondersteuners in die komende weke kan verwag.
11 Jun 4AM 9 min

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor gewrigsgesondheid en natuurlike verligting

Jean-Louis Knouwds gesles met Anette Rheeder oor seer en stywe gewrigte, asook hoe natuurlike ondersteuning ’n rol kan speel in alledaagse welstand. Die gesprek fokus op THRESHHold Real MSM as ’n gewilde opsie vir gewrigsverligting en algemene mobiliteit. Die produk is beskikbaar by apteke in tablette van 60 of 120,…
10 Jun 4AM 7 min

Tara Rally 2026: Die Stof, Spoed en Uitdaging

Jean-Louis gesels met François Lottering oor die 56ste Shell V-Power Tara Rally, een van Namibië se bekendste motorsportgeleenthede. Hulle bespreek wat deelnemers en toeskouers kan verwag, die uitdagings van die roete, die opwinding van die kompetisie en waarom die Tara Rally jaar ná jaar motorsport-entoesiaste lok. Luister saam vir insigte…
10 Jun 3AM 6 min

Interhoër Koors by Windhoek Hoërskool

Jean-Louis gesels met leerlinge van Windhoek Hoërskool oor die opwinding, voorbereiding en gees rondom Interhoër. In hierdie gesprek deel hulle hul gedagtes oor die groot week wat voorlê, die uitdagings wat wag en wat hierdie tradisie so besonders maak. ’n Interessante blik op die ervaring van die leerlinge wat deel…
10 Jun 2AM 6 min

Die Spore van ’n Kleuterskoolonderwyseres

In hierdie episode van Maak Spore gesels Elmero Strauss met Melani van Dyk, ’n toegewyde kleuterskoolonderwyseres. Sy vertel van haar reis na die onderwys, haar liefde vir die werk met jong kinders en die waardevolle rol wat opvoeders speel in die vorming van jong lewens. Dit is ’n opregte gesprek…
9 Jun 7AM 5 min

Jean-Louis gesels met Veja “Hinda Boy” Hinda oor sy MMA-reis

Jean-Louis gesels met Veja “Hinda Boy” Hinda, 'n professionele gemengde gevegskunstenaar uit Namibië. Hy deel meer oor sy reis in die wêreld van MMA, die uitdagings wat hy onderweg moes oorkom en die hoogtepunte van sy loopbaan. Luister na hierdie inspirerende gesprek en kry 'n blik op die toewyding, dissipline…
9 Jun 4AM 5 min

Windhoek Gimnasium se Interhoër-Gees Kom Kuier by Kosmos

Jean-Louis gesels met leerlinge van Windhoek Gimnasium oor die opwinding, voorbereiding en gees rondom die jaarlikse Interhoër. Luister hoe hulle hul verwagtinge vir die groot week deel, wat Interhoër vir hulle beteken en waarom hierdie gebeurtenis so 'n belangrike hoogtepunt op die skoolkalender is. 'n Interessante gesprek vol entoesiasme, trots…
9 Jun 2AM 9 min
1 – 20