Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy hoop op ʼn oortuigende oorwinning teen Zambië omdat hy hul plek op die FIFA-ranglys wil verbeter. Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd in die Baai is deel van Suid-Afrika se voorbereiding vir die Afrikanasiesbeker wat volgende maand in Marokko begin. Bafana Bafana…
Die dr. Hage Geingob-snelweg, ‘n 21,3 kilometer lange vierbaan-snelweg tussen Windhoek en die Hosea Kutako Internasionale Lughawe-pad, is amptelik geopen. Die projek se derde fase, gebou deur China se Zhong Mei Engineering Group met 'n toelaag van byna 1 miljard Namibiese dollar, merk die laaste stap in 'n program wat…
Die DA vra die Nasionale Vervolgingsgesag om streng op te tree teen ses gewese uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap wat betrek word by onregmatige kontrakte van 2,8-miljard Suid-Afrikaanse rand wat tussen 2010 en 2019 aangegaan is. Volgens ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie persone kontrakte gesluit sonder om…
Die Verkiesingskommissie het reeds stembriewe vir die komende verkiesings op 26 November begin versprei, en is tans besig met opleiding vir kiesbeamptes oor al die aspekte van stemdag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka.
Die DA sê die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring mag nie groot besteding, inkomste-tekorte en hoër belasting bevat nie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre sy mediumtermynbegroting in die Parlement. Die begrotingsverklaring handel oor die regering se ekonomiese beleidsraamwerk, verskaf bygewerkte ekonomiese vooruitsigte, wysig departementele begrotings en gee goedkeuring vir noodbesteding. Mark…
Die FNB Huisprysindeks het 'n gemiddelde 12-maande groeikoers van 5,9 persent in die derde kwartaal aangeteken, vergeleke met die groeikoerse van 7,7 en 7 persent wat onderskeidelik in die tweede kwartaal van 2025 en derde kwartaal van 2024 gesien is. Die algehele nasionale huisprys staan nou op net meer as…
Na raming maak 58 persent van Namibië se werksmag hul bestaan uit die informele sektor. Dit is onthul deur die uitvoerende direkteur in die ministerie van finansies, Michael Humavindu. Humavindu het vanoggend tydens die bekendstelling van die verslag getiteld Diagnostics of Informality in Namibia gesê dat die informele sektor se…
Reaksie word ontvang van die regering se skuld wat in Oktober 143,7 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n jaarlikse toename van 15,4 persent, met die totaal op 51,5 persent van BBP. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat, wat kommentaar lewer.
Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, en adjunkminister van Wetenskap, Nomalungelo Gina, lei vandag die bekendstelling van Suid-Afrika se eerste plaaslik vervaardigde entstof in meer as 50 jaar. Die geskiedkundige gebeurtenis by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal dui die begin aan van fase een kliniese toetse vir Biovac se…
Die arbeidsministerie het kommer oor 'n groeiende agterstand van meer as 475 onopgeloste arbeidsarbitrasiesake. Uitvoerende direkteur Audrin Mathe het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die vertragings beide werkers en werkgewers tydige geregtigheid ontsê, en dring daarop aan dat die regsgemeenskap vinniger geskilbeslegtingsmetodes moet aanneem en die druk op die…
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers beplan om reeds môre oor die Senaat-goedgekeurde korttermyn-regeringsbefondsingswetsontwerp te stem, sodat president Donald Trump dit in werking kan stel. Die wetsontwerp, wat befondsing vir sommige regeringsagentskappe vir die res van die fiskale jaar sal verskaf, is met 'n 60-40-stemverdeling in die Senaat aanvaar. Byna al…
Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad sal teen 1 April 2026 oorskakel na 'n kontantlose betalingsstelsel, met die doel om administratiewe koste te besnoei en sekuriteitsrisiko's te verminder. Produsente word aangemoedig om kaarte of elektroniese fondsoordragte te gebruik vir betalings soos handelsmerkaansoeke en oorplaatjie-aankope. FAN Meat-hoof Victor Klazen het aan Kosmos 94.1…
Die VSA het sanksies teen Sirië gedeeltelik opgeskort na die besoek van tussentydse president Ahmed al-Sharaa aan Washington. Dit was die eerste besoek aan die Withuis deur 'n Siriese staatshoof sedert die land se onafhanklikheid in 1946. Die VSA het 'n 180-dae-opskorting van sommige sanksies ingevolge die Caesar-wet aangekondig, wat…
TLU SA sê geen redelike persoon kan die onlangse vuurwapenwysigings ondersteun nie. Bennie van Zyl sê die probleem lê nie by wettige vuurwapeneienaars nie, maar by die regering se mislukking om onwettige wapens, bendes en georganiseerde misdaad te beheer. Hy sê plaasaanvalle, geweldsmisdaad en wydverspreide vrees word aangevuur deur onvoldoende…
Die DA in die Wes-Kaap sê die slagting van 19 skilpaaie in die Tafelbaai-natuurreservaat georganiseerde wildmisdaad in die streek uitgelig. Dave Bryant sê die DA sal parlementêre vrae aan die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning voorlê en dring daarop aan dat die publiek verdagte aktiwiteite aanmeld. Bryant het CapeNature, die…
Die tweede gekeurde Jannik Sinner van Italië het sy titel verdedig met ʼn oorwinning in Turyn. Die 24-jarige Sinner het met die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, afgereken om sy kanse op die eerste plek op die ranglys lewend te hou indien hy die Spanjaard, Carlos Alcaraz, kan klop. Taylor Fritz van…
Kabinet het volgens berigte in beginsel goedkeuring gegee vir Namibië se deelname saam met Angola en Botswana om aandele in De Beers te verkry. Dit kom terwyl Anglo American voorberei om sy aandeel in die diamantreus te verkoop. Voormalige Namdia-baas Kennedy Hamutenya sê Namibië moet die geleentheid aangryp. Hamutenya het…
Die BBC-voorsitter Samir Shah het ʼn verskoning uitgereik nadat ʼn toespraak van president Donald Trump van Amerika geredigeer is in ʼn episode van Panorama, en noem dit ʼn oordeelsfout. Die program het Trump se toespraak so geredigeer dat dit lyk asof hy ondersteuners op 6 Januarie 2021 direk aanhits tot…
Daar is weer lekker motorsport die naweek, die keer aan die kus met die Shell V Power M+Z-tydren wat Vrydagmiddag om sesuur afskop. Daar is 31 spanne ingeskryf. Francois Lottering het meer…
Kliniese sielkundige Shaun Whittaker sê die onlangse stekery van 'n polisiebeampte deur 'n geestesongestelde gevangene by die Rundu-polisiestasie is diep kommerwekkend en laat ernstige vrae ontstaan oor veiligheids- en geestesgesondheidsprotokolle binne polisieselle. Whittaker het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat voorvalle soos hierdie die dringende behoefte aan behoorlike psigiatriese opleiding…
11 Nov 12AM
1 min
620 – 640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.