Die Parlementêre Staande Komitee oor Armoedebestryding, Arbeid en Nywerheidsverhoudinge hou vandag 'n konsultatiewe vergadering met belanghebbendes oor die toesigbesoek rakende diensvoorwaardes in die land se klein- en groothandelsektore. Die komitee se voorsitter, Justina Jonas, het meer.
Rugby: Die Springbok-vleuel Canan Moodie sê hulle verwag Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria ʼn taai stryd teen ʼn gevaarlike Skotse span in die tweede ronde van die Nasieskampioenskap. Suid-Afrika het Engeland verlede naweek in die eerste ronde 45-21 afgeransel, terwyl Skotland Argentinië 47-38 verslaan het. Moodie, wat die 25ste…
Die geskorste hoof van Ekurhuleni se regsdienste, Kemi Behari, en nog drie mense is in hegtenis geneem deur die Madlanga-kommissie se aanbevelings-taakspan. Behari is voor die kommissie betrek dat hy na bewering die hoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, teen tugoptrede beskerm het. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die…
Meer inligting is bekend oor die Namibiese Mededingingskommissie se uitnodiging aan die publiek wat uitgereik is vir môre. Die kommissie sal 'n belanghebbendes-konferensie rakende die voorgestelde samesmelting tussen CFAO Healthcare en Nampharm hou. Die Franse maatskappy is 'n toonaangewende pan-Afrikaanse farmaseutiese verspreider en logistieke verskaffer. Dina //Gowases, die kommissie se…
Die legendariese Walliese rocksangeres Bonnie Tyler is in Portugal op 75-jarige ouderdom oorlede. In 'n verklaring op haar Facebook-blad sê haar familie dat sy onverwags Woensdagaand in die hospitaal oorlede is. Sy is in intensiewe sorg behandel nadat sy in Mei in 'n geïnduseerde koma geplaas is na 'n nood-dermoperasie…
Die vakbond Nehawu sê hy is bekommerd oor bewerings dat die administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente geld mors. Volgens berigte het professor Hlengani Mathebula vier tegniese raadgewers teen 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar gehuur en 200 000 rand aan huisvesting en reiskoste bestee. Die woordvoerder van…
Reaksie word ontvang oor landbougegradueerdes wat die meeste werkloosheid ervaar, volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys. Werkloosheid onder landbou-graduandi het ingekom op 47 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat.
Die stropery van ietermagô’s duur onverpoosd voort met onlangse berigte van individue wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ietermagôvelle. Kosmos 94.1 Nuus het met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, gepraat, wat sê dit is kommerwekkend dat die saak nie meer…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiese sakeleiers moet die geleentheid in China gebruik om bankbare projekte te soek wat nywerhede, werkgeleenthede en waardetoevoeging van produkte in Namibië skep. Nandi-Ndaitwah het meer as 200 verteenwoordigers van die Namibiese privaatsektor en staatsbeheerde ondernemings by die Namibië-China Sakeforum in Beijing toegespreek.
Die vakverbond Cosatu vra dringende ingryping om die krisis aan te spreek by die land se munisipaliteite met finansiële probleme. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie tydelik 13,5 miljard Suid-Afrikaanse rand se befondsing aan 69 munisipaliteite weerhou het weens nienakoming. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê hulle erken die noodsaaklikheid om finansiële…
President Donald Trump het op Air Force One met joernaliste gepraat na Woensdagaand se aanvalle wat sy weermag op Iran uitgevoer het. Hy sê Iran het kontak met die VSA gemaak wil blykbaar 'n ooreenkoms bereik.
Volgens die Nasionale Vergadering se jongste ordelys is ses wetsontwerpe tans in die tweede leesfase en word gedebatteer. Dit sluit in die grond-wetsontwerp en die petroleum-wysigingswetsontwerp. Na die tweede leesfases gefinaliseer is, sal die wetsontwerpe na die komitee-fase gaan en dan na die derde leesfase, voordat dit na die Nasionale…
President Donald Trump van Amerika dreig met nog aanvalle op Iran en waarsku dat noodsaaklike burgerlike infrastruktuur geteiken kan word. Amerika se Sentrale Bevel het bevestig dat die weermag Dinsdagnag meer as 80 teikens getref het. Dit sluit meer as 60 klein bote van die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps in die…
Die jaarlikse liefdadigheidsgeleentheid en kookkompetisie, “Potjies with Purpose”, is terug en hierdie keer word fondse ingesamel vir die Namibiese o.18-meisiehokkiespan. Die geleentheid, wat in samewerking met die Namibiese Hokkie-unie gehou word, samel fondse in vir hul toer na Zimbabwe in Augustus. By die geleentheid op 25 Julie ding die spanne…
Suid-Afrika se gesondheidsreguleerders waarsku die publiek en gesondheidsorgpersoneel om nie herroepte iDEXIS Semaglutide- en Tirzepatide-medisyne te gebruik, voor te skryf of uit te reik nie. Die reguleerders het gewaarsku aptekers en mediese praktisyns wat voortgaan om die herroepte medisyne in voorraad hou, voor te skryf of uit te reik, kan…
United Africans Transformation sê die Nasionale Tesourie se besluit om befondsing vir 69 munisipaliteite te bevries, ontbloot 'n toenemende plaaslike regeringskrisis wat veroorsaak word deur finansiële wanbestuur, korrupsie en swak regering. Die party voer aan gemeenskappe dra die las van mislukte basiese dienste en groeiende munisipale skuld. Mighty Mabule van…
Lüderitz ervaar 'n toename in aktiwiteit namate werk vorder aan verskeie groot ontwikkelings, insluitend die land se vlagskip groenwaterstofprojek, Hyphen Hydrogen Energy, die uitbreiding van die Lüderitz-hawe, en Fase 3 van die Lüderitz Waterfront Development Company-projek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige burgemeester van Lüderitz en nou landsleier vir…
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê langdurige swak plekke in die openbare gesondheidstelsel moet dringend aangespreek word. Dit volg nadat die Gesondheidsombud bevind het die dood van ses gesondheidswerkers by mediese instellings in KwaZulu-Natal was nie die gevolg van swak werksomstandighede of afknouery en viktimisasie in die werkplek nie…
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het president Donald Trump van Amerika gewaarsku om nie F-35 Stealth-vegvliegtuie aan Turkye te verkoop nie. Hy sê dit sal die magsbalans in die Midde-Ooste “vernietig”. Trump het vroeër die week aangedui hy is bereid om ʼn verbod op die vliegtuie se…
Karasburg-laerskool vier vanjaar met groot trots 50 jaar van gehalte-onderwys, groei en gemeenskapsbou! Alle oudleerders, voormalige en huidige onderwysers, oudhoofde, ondersteuningspersoneel, beheerliggaamlede en elke persoon wat 'n bydrae gelewer het tot die geskiedenis van Karasburg-laerskool word genooi om saam die besonderse mylpaal te vier. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
9 Jul 1AM
1 min
2500 – 2520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.