Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
216 – 236

Nashua Junior Franchise-kompetisie keer terug vir krieket

Krieket Namibië het aangekondig dat die derde uitgawe van die Nashua Junior Franchise-kompetisie terugkeer, versterk deur 'n beduidende vlaag korporatiewe borgskappe. Die toernooi sal oor drie agtereenvolgende naweke plaasvind, van 8 tot 23 Mei. Die toernooi is geskep om die land se top jong talent te identifiseer, te ontwikkel en…
6 May 12AM 1 min

Duranty gesels oor stropery in Krugerwildtuin

Die bekende teenstroper- en hondespesialis Nick Duranty van Suid-Afrika woon tans die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus by. Hy is ‘n kenner op die gebied van renosters, onder meer in die Krugerwildtuin. Anders as wat voorgegee word, is die renosterbevolking in dié park nie veilig teen…
6 May 12AM 1 min

Huishoudelike skuld styg na repo-verligting

Privaatsektor-kredietverlening het in Maart vanjaar tot 125,9 miljard Namibiese dollar gestyg, waarvan die grootste deel aan huishoudings gegaan het, sê Simonis Storm in sy jongste verslag. Huishoudelike kredietgroei het skerp versnel tot 4,1 persent, die sterkste groei in die huidige siklus, na 'n toename van 2,9 persent in Februarie. Simonis…
6 May 12AM 1 min

Fima tree in werking, pensioen-bepaling steeds uit

Na jare van vertragings en openbare debat het die Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, amptelik op 1 Mei in werking getree. Tydens 'n inligtingsessie het Kenneth Matomola, die uitvoerende hoof van Namfisa, bevestig dat die 75 persent-bewaringsreël uitgefaseer is, en dat begunstigdes 'n kontantenkelbedrag van hul pensioen kan…
6 May 12AM 1 min

Valke-hoof gee inligting oor onwettige goudmyne, verkope

Die hoof van die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad, generaal-majoor Hendrik Flynn, het aan die Madlanga-kommissie gesê goud wat onwettig ontgin word, word deur tussengangers op onwettige markte ingevoer. Materiaal word aan gelisensieerde raffinaderye verkoop, soms gemeng met wettige voorraad, wat opsporing bemoeilik. Flynn beklemtoon nie alle maatskappye is…
5 May 11PM 1 min

Hegseth, Trump dreig Iran weer, Trump skort Operasie Vryheid op

Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag aan verslaggewers by die Pentagon gesê dat die skietstilstand met Iran nie tot niet is nie, ten spyte van aanvalle in die Straat van Hormuz. Dit was na die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps belowe het om beslissende stappe te doen teen vaartuie wat roetes gebruik…
5 May 11PM 1 min

Parlement begin weer, steeds by begroting

Die eerste sessie van die sewende sitting van die Nasionale Vergadering het vandag afgeskop met die begrotingswetsontwerp steeds op die tafel. Die sessies sal tot en met 19 Mei voortgaan. Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha, het die sessie geopen.
5 May 11AM 1 min

Steenhuisen kondig suid-suid BKS-vennootskappe aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het sy bek-en-klouseer-inentingsprogram aansienlik uitgebrei en miljoene dosisse uit Argentinië en Turkye bekom terwyl plaaslike produksie 'n hupstoot gegee word. Hy het in die parlement gesê meer as 2,5-miljoen diere is reeds landwyd ingeënt en die departement beoog om teen einde vanjaar…
5 May 11AM 1 min

Jý kan help met miershooptier-navorsing

Bewaringsnavorsers rig 'n dringende beroep op die publiek om Afrika se kleinste wildekat, die swartpootkat of miershooptier, op te spoor. Die Swartpootkat Navorsingsprojek Namibië waarsku dat 'n gebrek aan bevestigde waarnemings pogings belemmer om die spesie se oorlewingstatus te bepaal. Projekkoördineerder Martina Küsters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
5 May 10AM 1 min

Jý kan help met miershooptier-navorsing

Bewaringsnavorsers rig 'n dringende beroep op die publiek om Afrika se kleinste wildekat, die swartpootkat of miershooptier, op te spoor. Die Swartpootkat Navorsingsprojek Namibië waarsku dat 'n gebrek aan bevestigde waarnemings pogings belemmer om die spesie se oorlewingstatus te bepaal. Projekkoördineerder Martina Küsters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
5 May 10AM 1 min

Grond-kwessies by Neckartal 'veroorsaak probleme'

Reaksie word ontvang op die opdrag deur die eerste minister, Elijah Ngurare, dat fase twee van die Neckartaldam se ontwikkeling moet afskop en voltooi word. Blykbaar sal die fase, wat besproeiing behels, voltooi word teen 'n bedrag van 2 miljard Namibiese dollar en met die hulp van 'n private vennootskap…
5 May 10AM 1 min

Nog 'n Fishrot verlof tot appèl misluk

Regter Marelize du Plessis het 'n aansoek om verlof tot appèl teen haar vorige besluit om die Fishrot-verhoor nie vir tot ses maande uit te stel nie, van die hand gewys. Sy het saamgestem met die besware wat deur die Staat en Ricardo Gustavo geopper is.
5 May 10AM 1 min

GIPF 'proaktief in beskerming van data'

Namibië is op 'n kritieke punt in sy digitale transformasie namate beide die openbare en private sektore vinnig dienslewering en bedrywighede moderniseer. Dit bring ontwikkelende kuberrisiko's mee, wat kuberveiligheid na 'n topvlak-raadsaalprioriteit verskuif Organisasies moet streng sekuriteitstandaarde, soos multifaktor-verifikasie, implementeer om data-oortredings en finansiële verliese te voorkom. Kosmos 94.1 Nuus…
5 May 9AM 1 min

Zelensky kondig 2-dae skietstaking aan

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het 'n skietstaking met Rusland aangekondig vir Donderdag en Vrydag sodat Moskou sy oorwinning oor Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog kan vier. Dit word jaarliks herdenk met 'n Weermagparade op die Rooi Plein. Oekraïne het Rusland al telkens daarvan beskuldig dat hy vorige tydelike skietstilstande…
5 May 9AM 1 min

Voorlopige verslag oor Aus-vliegongeluk vrygestel

Meer is bekend oor 'n Duitsland-geregistreerde Cessna F172 wat op 29 Maart naby Aus in die Karas-streek neergestort het nadat dit in kraglyne vasgevlieg het. Die vlieënier, 'n 61-jarige Duitse burger met meer as 8 000 uur se vliegervaring, het aan ondersoekbeamptes gesê hy onthou baie min. Hy het met…
5 May 9AM 1 min

BKS-krisis kan nie reg gepraat word: VF Plus

Die Vryheidsfront Plus sê hy is versigtig optimisties dat landbouminister John Steenhuisen vandag ʼn hofbevel sal nakom en ʼn saamgestelde Artikel 10-plan vir inenting teen bek-en-klouseer sal aankondig. Die minister gaan inligting deel oor die publikasie van die Roetine-inentingskema vir bek-en-klouseer. Wynand Boshoff van die VF Plus sê privaat veeartse…
5 May 9AM 1 min

Mbalula bevestig sperdatum vir lede van SAKP en ANC

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die SAKP se besluit om onafhanklik aan die munisipale verkiesing deel te neem, is ʼn verspeelde geleentheid op ʼn tydstip waar die alliansie versterk moet word. Die ANC het lede wat dubbele lidmaatskap het tot Maandag tyd gegee om ʼn geskrewe verklaring in…
5 May 6AM 1 min

Eerste versveiling ooit vind Vrydag plaas

Die katalogus vir die opkomende 100-versveiling is tans beskikbaar. Die veiling gaan op 8 Mei plaasvind by Hochveld Agri Pens - die eerste in sy soort vir Namibië, waar net vroulike diere te koop sal wees. Die veiling word deur Martenique Scott en Marco Seefeldt gereël. Kosmos 94.1 Nuus het…
5 May 6AM 1 min

Passasier op hantavirus-vaartuig sê dis vreesaanjaend

Die MV Hondius is steeds geanker naby die hawe van Praia, Kaap Verde, terwyl gesondheidsowerhede en die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n bevestigde hantavirus-uitbreking bestuur. Tot dusver is daar drie bevestigde sterftes met 'n Britse passasier wat tans in 'n kritieke maar stabiele toestand in 'n intensiewe sorgeenheid in Johannesburg is. Daar is…
5 May 6AM 1 min
216 – 236