President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor toenemende konflik en onbestendigheid op die vasteland. Ramaphosa het Afrika-leiers by die Afrika-Unie toegespreek en sy verbintenis tot Agenda 2063 herbevestig. Hy bepleit dringende politieke betrokkenheid wat weens ongrondwetlike regeringsveranderings in sekere lande verbied is. Ramaphosa versoek wapenstilstande en inklusiewe dialoog…
Die Namibiese Deposantewaarborgskema (NDGA) het 'n teiken gestel om sy bates onder bestuur teen 2028 tot 100 miljoen Namibiese dollar te laat groei, met die doel om die veiligheidsnet vir bankdeposante te versterk. Die skema, wat gestig is in die nasleep van die 2018 KMO-bankskandaal – wat duisende Namibiërs nie…
Die Drakenstein-munisipaliteit is onder veeartsenykundige kwarantyn geplaas ná bevestiging van bek-en-klouseer in die Vlakkeland, Paarl-gebied. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ilse Schoombee, sê alle diere met gesplete hoewe word as moontlik besmet beskou en die beweging van vee, voer, toerusting of karkasse is verbode tensy 'n spesiale permit deur 'n staatsveearts…
Die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Saterdag in 'n boodskap oor eenheid, na Amerika verwys as die "kind van Europa". Rubio het by die jaarlikse Veiligheidskonferensie in München gepraat, waar Europese nasies hul eie onafhanklikheid wil bevorder maar 'n vennootskap met Amerika probeer handhaaf. Die president van die…
Namibië sluit vandag by gemeenskappe wêreldwyd aan om Internasionale Kinderkankerdag te herdenk, met spesifieke fokus op die uitdagings wat kinders met kanker en hul gesinne in die gesig staar. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word gemiddeld 136 nuwe gevalle van kinders met kanker jaarliks in Namibië aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die landbouministerie het 'n multisektorale vergadering oor bek-en-klouseer-voorbereiding en reaksie gehou in die hoofstad. Verskeie partye van die landbou sektor het deelgeneem aan die gesprekke. Suid Afrika het Donderdag as 'n nasionale ramp verklaar. Tydens die vergadering het die adjunk-uitvoerende direkteur van die landboudepartement, Kingsley Kwenani, weereens uitgelig wat 'n…
Die Namibiese regering het belowe om slegs olie-ooreenkomste aan te gaan wat die land bevoordeel deur te verseker dat die land se binnelandse energiebehoeftes ook nagekom word. Die energieminister, Modestus Amutse, het in die Nasionale Vergadering gesê Namibië volg 'n gebalanseerde strategie wat die ontwikkeling van sy olie- en gasreserwes…
Die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings, Fenata, het die besluit van polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo verwelkom om die Toerismebeskermingseenheid onder sy direkte bevel te plaas, en noem dit ’n reuseversterking van besoekersveiligheid. Die eenheid sal nie net in Windhoek wees nie maar landwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold van…
Namibië kan meer as 900 miljoen Amerikaanse dollar, meer as N$14 miljard, in nuwe ekonomiese aktiwiteit ontsluit en ongeveer 26 000 werksgeleenthede skep deur strategies uit te brei na die uitvoer van rou minerale, volgens 'n nuwe verslag deur die VN se Handels- en Ontwikkelingsorganisasie. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het die invoer van noodvoorrade van bek-en-klouseer-entstof goedgekeur om te help om die veesektor te beskerm. Die owerheid het spesiale magtiging verleen om die Dollvet bek-en-klouseer-entstof in te voer, wat verseker dat boere en veeartse diere teen die hoogs aansteeklike siekte kan beskerm. Alle invoere…
Die eerste been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Dit beloof ‘n dag propvol aksie, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering. Hy doen verslag:
Wetteloosheid en beamptes van die gereg wat vir hul lewens vrees in die uitvoering van hul pligte, sal nie in Namibië geduld word nie, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die staatshoof, wat tans die leierspitsberaad van die Afrika-unie in Ethiopië bywoon, se boodskap is Vrydagmiddag namens haar deur eerste minister Elijah…
Vrydag die 13de het sy reputasie gestand gedoen en die Copps 94.1-span in Windhoek moes gisteraand bontstaan om wet en orde te handhaaf. In Evelinestraat in die hoofstad het selfs Kosmos 94.1 se Arthur van Graan ingespring en sy lyf misdaadbekamper gehou. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was deel van…
Boere word aangemoedig om die hitte en reënseisoen steeds te benut om aanplantings te maak. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir akkerbou, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik watter gewasse aangeplant kan word vir oes in Augustus.
Die EFF-Jeugkommando het met 'n veldtog begin om ongeregistreerde en onwettige kolleges te identifiseer en te sluit. Die land het 26 openbare universiteite en ongeveer 145 geregistreerde privaat hoëronderwysinstellings. Phumelele Mshumi van die organisasie sê ongeregistreerde privaat kolleges wat buite die stelsel bedryf word is onwettig, en hul kwalifikasies het…
Misdaad teen toeriste is weer in die kollig nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah dringende optrede versoek het. Dit kom na onlangse reisadvies van Duitsland en Kanada, wat verhoogde risiko's van roof, bedrog en motorkaping in Namibië uitgelig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van Tourism Against Crime, Peter Boer…
Registrasie vir die 2026 SanlamAllianz Kusmarathon, een van Namibië se voorste atletiekkwalifiseerders, is amptelik oop. Die wedloop sal op 25 April na Swakopmund terugkeer en atlete 'n kritieke geleentheid bied om kwalifiserende tye vir die Sanlam Kaapstad-marathon te verseker. Die bemarkings- en kommunikasiebestuurder van SanlamAllianz, Laurencia Prinzonsky, het met Kosmos…
Die Amerikaanse ambasadeur na Namibië, John Giordano, vry hard namens Amerikaanse president Donald Trump se administrasie na Namibië se natuurlike hulpbronne. Hy het sedert die begin van die jaar met die myneministerie ontmoet en het selfs 'n paneelbespreking oor minerale by die Amerikaanse ambassade gehou. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie…
Die viering van Internasionale Radiodag vandag het reaksie uit verskillende oorde ontlok. Die Vereniging van Uitsaai Veterane, met meer as 70 lede plaaslik en in Suid Afrika, doen die afgelope jaar opleiding-sessies en mentor leerlinge en studente by Unam in onder andere radio in die praktyk. Kolie van Coller, veteraan…
13 Feb 9AM
1 min
1252 – 1272
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.