Die ACDP sê die Stad Johannesburg kon nie daarin slaag om die kaping van geboue deur gewetenlose groepe te voorkom nie. Die party sê die moord op Warrick “DJ Warras” Stock beklemtoon die metro se mislukking om inwoners en eiendomsregte te beskerm. Ronald Harris van die ACDP sê die metro…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die volskaalse hervatting van vyandighede in Jemen kan ernstige gevolge inhou vir veiligheid in die Midde-Ooste. Jemeense regeringsmagte, gesteun deur ʼn Saoedi-geleide militêre koalisie, veg reeds sedert 2014 teen Houthi-rebelle. Magte met bande met ʼn separatiste-groep, die Suidelike Oorgangsraad, het hierdie maand…
Die hoof van die Namibiese Weermag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het die Zambiese Nasionale Diens geprys vir hul volgehoue ondersteuning in die opleiding van Namibiese jeug en kadette. Hy sê die opleiding speel 'n kritieke rol in die bou van 'n bekwame en gedissiplineerde weermag. Pinehas het tydens die gradeplegtigheid van…
Die Wes-Kaapse kommissaris van polisie, Thembisile Patekile, sê hulle is uiters bekommerd oor die skerp styging in misdaad in die provinsie. Misdaadstatistiek vir die tweede kwartaal van Julie 2025 tot September 2025 wys 1 160 mense is in die provinsie vermoor. In dieselfde tydperk is 114 bendeleiers en 116 bendelede…
Rolling Stones se biograaf Philip Norman sê hy vertrou dat die Rolling Stones weer sal toer. Dit kom te midde van onlangse berigte die groep planne vir 'n 2026-stadiontoer van die Verenigde Koninkryk en Europa geskrap het. Die primêre rede wat deur verskeie media gerapporteer is, is dat kitaarspeler Keith…
Die Kaapse Onafhanklikheidsparty eis dringende oplossings van die regering om toenemende misdaad en kaping van geboue deur die hele land aan te spreek. Dit volg na die moord op Warrick “DJ Warras” Stock Dinsdag in die middestad van Johannesburg. Nicci van Zyl van CapeXIT sê die omgewing spesifiek in Johannesburg…
Meeste Namibiërs is al met vakansie en almal maak gereed vir die feesseisoen, met besoekers wat na die kus stroom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol se Erongo-streekbevelvoerder, Nikolaus Kupembona, wat verduidelik watter maatreëls oor die seisoen in plek sal wees.
Sprinkane in hul hordes is terug, en boere word aangespoor om waaksaam te bly. Agribank se tegniese adviseur vir pluimvee- en gewasproduksie, Hanks Saisai, sê 'n onlangse uitbreking van rooi sprinkane hou 'n ernstige bedreiging vir gewaslande in. Hy waarsku dat sprinkane landerye in 'n baie kort tydperk kan vernietig…
Reaksie word ontvang op NamWater se uitstaande skuld wat 2,8 miljard Namibiese dollar bereik het, met dorpsrade, munisipaliteite en regeringsinstansies wat vir die meeste daarvan verantwoordelik is. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner, Pius Dunaiski gepraat, wat sê die land gaan agteruit.
Die Omgewingsbeleggingsfonds het toelaes goedgekeur wat bestaan uit 12 aanvangsprojekte en 14 bestaande projekte. Hierdie toelaes is daarop gemik om inisiatiewe te ondersteun wat kwesbare lewensbestaan versterk, aanpassing aan klimaatsverandering verbeter, die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne bevorder, en natuurgebaseerde entrepreneurskap bevorder. Romeo Muyunda die woordvoerder van die…
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, het ʼn memorandum van verstandhouding met haar Zimbabwiese ampsgenoot onderteken om samewerking in maatskaplike ontwikkeling te versterk. Dit sluit gebiede in soos kinderbeskerming, maatskaplike beskerming van kwesbare groepe, voorkoming en behandeling van dwelmmisbruik, en ondersteuning aan ouer en gestremde persone. Die departement se…
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika het albei siklusse van die Instellingshersieningsmeganisme suksesvol afgehandel. Sy het die 11de sitting van die Konferensie vir Staatspartye van die Verenigde Nasies se konvensie teen korrupsie in Doha, Katar, toegespreek. Kubayi sê verskeie maatreëls soos wetgewing, nasionale teenkorrupsie-strategie, en…
President Donald Trump sê Amerika is op die rand van ʼn ekonomiese oplewing soos die wêreld nog nooit voorheen beleef het nie. September se ekonomiese data toon Amerika se inflasiekoers staan die eerste keer sedert Januarie op drie-persent, terwyl verbruikersvertroue die laagste is sedert April. Trump het in die Withuis…
Die Afrika-ontwikkelingsbank het 'n lening van 33 miljard Namibiese dollar aan Namibië goedgekeur wat tussen 2025 en 2030 benut sal word. Die finansministerie sê die lening is goedgekeur onder die Namibië-landstrategiedokument, waardeur die land projekte indien wat binne vyf jaar befonds kan word. Die woordvoerder van die ministerie, Johnathan Swartz,…
AfriForum sê die voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin is teruggetrek na jare se openbare teenkanting. Die omgewingsbeoordeling, mynregte, afvalbestuur en watergebruiksaansoeke deur Tenbosch Mining is almal beëindig. Marais de Vaal van AfriForum doen 'n beroep op die regering om strenger toesig te verseker vir toekomstige mynbou-aansoeke…
President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het sy betrokkenheid herbevestig om aktief betrokke te bly by die politike en veiligheidsituasie in Madagaskar totdat die verkose regering deur die verkiesingproses ingestel is. Hy was Woensdag in sy amp as waarnemende voorsitter, die voorsitter in die Buitengewone Beraad van die SAOG…
Die Australiese premier, Anthony Albanese, sê sy regering stel nuwe wette in wat diegene sal teiken wat haat, verdeeldheid en radikalisering versprei. Dit is in reaksie op Sondag se massaskietery in Bondi Beach, waar 15 mense dood is tydens 'n geleentheid om die eerste dag van Hanukkah te vier. Albanese…
Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het kommer uitgespreek oor haar veiligheid nadat sy haar oorlede lewensmaat, Richard Foxton se boedel betwis het. In 'n onderhoud voor die Meester van die Hooggeregshof in Johannesburg sê Madonsela daar was 'n meedoënlose mediaveldtog teen haar en beweer daar is onreëlmatighede in hoe…
Duitsland se Robert Koch-instituut werk saam met die gesondheidsministerie om die gereedheid en kliniese reaksie op M-pokke en Kongokoors te verbeter. 'n Span kundiges van Duitsland en Namibië het gespesialiseerde opleiding ontwikkel oor die kliniese bestuur van beide siektes, insluitend infeksievoorkoming en -beheer. Die Duitse ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter,…
18 Dec 2025 1AM
1 min
472 – 492
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.