Die Grensbestuursowerheid het twee bemiddelaars in hegtenis geneem vir hulp met onwettige grensoorgange tussen Zimbabwe en Suid-Afrika. Assistentkommissaris, Nkhuliseni Luvhengo, sê 99 mense is die afgelope 24-uur op die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo, in hegtenis geneem. Hy skryf die opsporing van ongedokumenteerde reisigers en smokkelaars wat gevaarlike goedere, insluitend diesel,…
Amerikaanse president Donald Trump het weer voorgestel dat die VSA Groenland annekseer, selfs nadat Denemarke se leier hom gevra het om die dreigemente oor die eiland te stop. Trump het herhaaldelik die vooruitsig geopper dat die semi-outonome Deense gebied 'n geannekseerde deel van die VSA sal word, met verwysing na…
Namibië word beskou as Afrika se volgende olie- en energiebron en lok groot globale spelers. Maar soos beleggings instroom, ontstaan 'n belangrike vraag oor wie Namibië se energiedata en -narratief besit. Een plaaslike nuwe onderneming sê die antwoord behoort Namibies te wees. NamibiaOilAndGas.com bou 'n plaaslike digitale spilpunt vir die…
Registrasie is tans aan die gang en duur tot 6-uur vir die Quinton Steele-Botes Atletiek Oefenkamp wat môre begin en Donderdag tot ‘n einde loop. Die oefenkamp fokus op vaardigheidsontwikkeling, tegniese opleiding en prestasieverbetering, onder leiding van ervare en gekwalifiseerde afrigters. Kosmos 94.1 Nuus het met Leonie van Rensburg van…
Die groei van privaatsektor kredietverlening het in November verder afgeneem tot 4,5 persent op ‘n jaargrondslag. Simonis Storm sê hoewel dit 'n voortgesette verlangsaming verteenwoordig, bly die kredietverlening-groei ver bo die gedempte vlakke wat dwarsdeur 2023 en vroeg in 2024 waargeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm…
Die Gasvryheidsvereniging verwag dat 2026 'n uitdagende jaar vir plaaslike en globale toerisme sal wees. Dit kom nadat die VSA 'n nuwe visumwaarborg-inisiatief aangekondig het wat reis-, toerisme- en sakebande tussen Namibië en die VSA kan benadeel. Ingevolge die tydelike program kan sekere buitelandse burgers, insluitend Namibiërs, vereis word om…
Goud en silwer het aan die einde van 2025 teruggesak na hul sterkste jaarlikse winste in dekades, maar goud het reeds in die eerste handelssessie van 2026 in Europa herstel. Ontleders sê wêreldhandelsonsekerheid bly 'n sleuteldrywer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê ekonoom Dawie Klopper stygende geopolitieke risiko's,…
Lede van die Rethink Your Drink-veldtog sê die toename in drankverwante opnames in hospitale tydens die feestyd is kommerwekkend. Kashifa Ancer van die veldtog sê dit het ernstige druk op die aantal beddens, personeel en kritieke sorg geplaas, en het ander pasiënte se sorg in die reeds oorbelaste stelsel vertraag…
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê privaat skole se stygende skoolfondse bedreig toegang tot gehalte-onderwys. Hy sê sommige skole kos nou meer as 400 000 Suid-Afrikaanse rand per leerder per jaar. Makaneta sê die styging is hoër as inflasie en plaas druk op huishoudings, sluit ouers uit en vererger ongelykheid. Hy…
Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê hy is teleurgesteld omdat hulle nie hul doelwit bereik het in die Afrikabekertoernooi nie. Suid-Afrika het gister in Marokko 2-1 teen die vyfmalige kampioen, Kameroen, verloor in die ronde van 16. Williams sê hulle het nie hul bes gedoen nie, en hulle…
Die vakverbond Cosatu sê Amerika se aanval op Venezuela is ʼn regstreekse aanval op die regte en soewereiniteit van alle mense, veral in die Globale Suide. Amerika het die Venezolaanse president, Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, die naweek in hegtenis geneem. Cosatu se internasionale sekretaris, Bongani Masuku, sê…
Terwyl hongersnood in Gaza vir nou afgeweer is, groei die behoeftes van inwoners vinniger as wat hulp kan inkom. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê meer oorgange, die opheffing van beperkings op kritieke items, die verwydering van burokrasie, veilige roetes binne Gaza, volgehoue befondsing en onbelemmerde toegang dringend nodig…
Troeteldiere loop jaarliks deur tydens die feestyd, agter gelaat deur mense wat op vakansie gaan. Dan is daar die Oujaarsvieringe wat vuurwerke insluit. Die DBV sê daar is diere-eienaars wat steeds na hulle vermiste diere soek. Kosmos 94.1 Nuus het met Sylvia Breitenstein, die operasionele direkteur van die DBV gepraat…
Terwyl Namibiese studente voorberei vir die vrystelling van hul 2025-eksamenuitslae op 13 Januarie, dring onderwysminister dr. Sanet Steenkamp aan op kalmte en gerusstelling. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Steenkamp leerders daaraan herinner dat eksamenuitslae nie hul waarde of toekoms definieer nie. Sy het studente wat angstig of…
Die krisis in Venezuela trek steeds wêreldwye aandag namate vrae oor regering, demokrasie en respek vir internasionale reg toeneem, met lande wat verdeeld is oor hoe om te reageer op president Nicolás Maduro se magsgreep. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê politieke ontleder Ndumba Kamwanyah Namibië se reaksie…
Die Departement van Petroleum en Minerale Hulpbronne se jongste brandstofprys-aanpassings sal die land se brandstofprys tot die laagste in byna vier jaar laat daal. Van Woensdag af daal die petrolprys met tussen 62- en 66-sent per liter, en diesel sal tussen 137- en 150-sent per liter minder kos. Die departement…
President Donald Trump dreig met militêre optrede teen Colombia. Dit volg ná die naweek se grootskaalse aanval teen Venezuela en die inhegtenisneming van president Nicolás Maduro en sy vrou. Amerika het aanvalle uitgevoer op spesifieke vaartuie wat volgens berigte die afgelope vier maande dwelms oor die Karibiese Eilande en oostelike…
Die borgtogaansoek van Naomi Fisch, een van vyf Rehoboth-inwoners wat van dwelmhandel en geldwassery aangekla word, duur vandag voort. Fisch verskyn saam met Steve Schneiders, Menchel Beukes, Revilo Diergaardt en Brendon Vrieslaar in die Rehoboth-landdroshof. Hulle is betrap met dagga ter waarde van 10 000 Namibiese dollar, Mandrax-tablette van 60…
Die president van die Afrikasokkerfederasie, Patrice Motsepe, het planne aangekondig om die prysgeld vir die Kampioeneliga en AFCON-beker te verhoog, met bedrae wat ná die 2025 Afrikabekertoernooi bevestig sal word. Motsepe het in 'n onderhoud met SABC News in Marokko beklemtoon dat die CAF se skuld van 2,4-miljard Suid-Afrikaanse rand…
5 Jan 3AM
1 min
332 – 352
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.