Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
293 Episodes
52 – 72

Wiele2Wiele ry met Merc se EQ 400

Wiele2Wiele gaan ry hierdie week met Mercedes-Benz se vol-elektriese EQC 400, dan stel Suzuki sy nuwe Grand Vitara bekend en jy kry ook ’n lusmaker van die Simola-heuwelren wat van 5-7 Mei plaasvind.
26 Apr 2023 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Baic Beijing X55

Wiele2Wiele ry hierdie week in besigheidsklas met BMW se 740i, spandeer tyd met Ford se nuwe Ranger XLT 2.0L BiTurbo-bakkie en ervaar hoe die Chinese die koppe laat draai met hulle Baic Beijing X55. Daar is ook ʼn les oor skokbrekers en vere, gevolg deur ’n geskiedenisles oor die Britten-motorfiets.
19 Apr 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met enkel- en superkajuit-Ranger-bakkies

Hierdie week gaan Wiele2Wiele saam met Ford en sy nuwe enkel- en superkajuit-Ranger-bakkies op ’n avontuur om ’n verskil te maak. Hulle rits rond met die Fiat 500X, gesels oor die Motor van die Jaar-toetsdae, raak slim oor voertuig-platforms en vir 2Wiele is daar ’n BMW Motorrad-geskiedenisles.
12 Apr 2023 24 min

Wiele2Wiele verken Karoo met nuwe Fortuner en Seltos

Hierdie week verken Wiele2Wiele die Karoo se besonderse skoonheid van twee kante af – aan die een kant met Toyota SA en sy nuwe 2023 Fortuner en aan die ander kant, saam met Kia SA en sy Seltos. Dit is ook weer tyd vir die Motor van die jaar-toetsdae, waar…
6 Apr 2023 26 min

Wiele2Wiele ry met twee Toyota GR-modelle

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Renault wat sy spliternuwe Captur bekendgestel het en hulle ry met Toyota se Hilux GR-Sport en die GR86. Hulle gee raad oor wat jou banddruk moet wees as jy met jou 4x4 in die sand wil gaan baljaar en vertel jou alles oor BMW se…
29 Mar 2023 26 min

‘n Sanipas-avontuur met Ineos Grenadier

Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ‘n Sanipas-avontuur met die nuwe Ineos Grenadier, wat gemaak is om enige terrein aan te pak. Hulle gaan ry ook met Volkswagen se Polo-sedan, gesels oor die belangrikheid van olie en gaan ry met BMW se K1600 GT-motorfiets.
22 Mar 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met Lexus se UX 250h

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Lexus se luuksste UX 250h kompakte sportnuts en vat ook die pad met die sewesitplek Honda BR-V. Hulle gesels oor Kia se ryke geskiedenis en dan kuier Justus Visagie in die ateljee – hy het die langpad van Johannesburg na Kaapstad met ’n elektriese…
15 Mar 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met opgeknapte Hyundai Palisade

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Hyundai se vlagskip Palisade wat ‘n opkikkering ondergaan het. Hulle het ook vir jou die perfekte oplossing as jy ’n gesinsvoertuig soek en terselfdertyd ’n onderneming wil bedryf - Hyundai se Staria Multicab. Terwyl die Formule E in Kaapstad plaasgevind het, was Wiele2Wiele by…
1 Mar 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor Volvo C40 Recharge

Hierdie week vir Wiele2Wiele word daar gesels oor die onthulling van Volvo se nuwe elektriese C40 Recharge, hulle gaan ry met Isuzu se D-Max V-Cross dubbelkajuitbakkie en hulle monde hang oop oor Ford se nuwe Everest. Daar word ook gekyk na die verskil tussen kW en NM en vir 2wiele…
23 Feb 2023 25 min

Wiele2Wiele ry nuwe Scorpio N en C5 Aircross

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan ry hulle met Mahindra se splinternuwe Scorpio-N – ’n groot geharde 4x4-sportnuts wat jy kan koop vir onder R600 000. Hulle spandeer ook tyd met Citroën se C5 Aircross, gesels met Shaun Rouse oor sy aangename karverkoop-ondervinding en daar is groot rooi trane wat vloei…
15 Feb 2023 24 min

Wiele2Wiele kuier saam met Waldo en Hannes van La’t Wiel

Hierdie week vir Wiele2Wiele kuier Waldo van der Waal en Hannes Visser van die baie gewilde La’t Wiel-motorprogram in die ateljee. Wil jy jou 4x4-wa toerus vir die boendoes? Die nuwe La’t Wiel 4x4-winkel is jou oplossing. Wiele2Wiele gesels ook oor die bekendstelling van Lexus se pragtige en luukse UX…
9 Feb 2023 25 min

Wiele2Wiele gesels oor VW se warm Tiguan

Hierdie week vat die manne die Wiele2Wiele-ateljee oor en gesels oor die Volkswagen Tiguan R, die Stand van die Motorbedryf-aanbieding (Somi) deur Toyota Suid-Afrika en Mitsubishi se planne vir 2023.
1 Feb 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met VW Golf R

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Volkswagen se bioniese Golf R en gesels oor Mercedes-Benz se elektriese motors. Hulle gesels oor die verkoop van jou motor en plaas die kollig op Charan Moore, wat die Original by Motul motorfiets-kategorie by die 2023 Dakar-ren gewen het.
25 Jan 2023 23 min

Wiele2Wiele vat langpad met Renault Duster

Hierdie week is Wiele2Wiele breëbors trots oor die Toyota Gazoo Racing-span wat die 2023 Dakar-ren vir die derde keer met ’n Suid-Afrikaans vervaardigde Toyota Hilux gewen het! Hulle vertel ook vir jou hoe dit met al die ander Suider-Afrika Dakar-deelnemers gegaan het. Hulle vat die langpad met die Renault Duster…
18 Jan 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels Dakar

Met die moeilikste ren in die wêreld wat tans aan die gang is, praat Wiele2Wiele hierdie week oor 2023 se Dakar.
11 Jan 2023 23 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Ford Ranger

Vir Wiele2Wiele se laaste program van 2022, gesels hulle oor die nuwe generasie Ford Ranger-bakkie. Hulle vertel jou hoe fantasties die Toyota GR Yaris gevaar het by die Killarney 9-uur-uithouren en ook oor die 40ste Killarney Short Circuit 8-uur-motorfietsuithouren. Hulle bring jou ook op hoogte van wie al ons Suider-Afrika…
21 Dec 2022 26 min

Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Amarok en Dakar

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die nuwe Volkswagen Amarok en Suzuki se nuwe S-Presso. Hulle gesels met die bekende akteur en regisseur Tim Theron en dan is dit tyd vir Dakar-koors met Toyota Gazoo Racing wat hulle span vir die 2023 Dakar-ren bekendgestel…
14 Dec 2022 24 min

Wiele2Wiele: Alfa betree C-segment

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar passievol gesels oor Alfa Romeo wat die pragtige nuwe Tonale bekendgestel het. Baic se Beijing X55 beïndruk, hulle leer interessante feite by die ‘Ford Driving Skills for Life’-dag en hulle toets KTM se elektriese SX-E 5-motorfiets.
30 Nov 2022 24 min
52 – 72