100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,272 Episodes
860 – 880

Sit die "L" terug in kosblikkie

Sit die "L" terug in kosblik, in samewerking met Eskort Nelspruit en die Sonop-ontbytspan. Gerhardt en Andri pak op 28 Februarie kosblikke vir kinders wat nie so bevoorreg is om 'n "pouse broodjie" te hê nie. Lowveld Body Works borg die kosblikke. Mariaan Byleveld en Just Sam gesels met die…
21 Feb 2023 8 min

Interhoër vanjaar in Lydenburg

Hoërskool Lydenburg is vanjaar die aanbieders van die Laeveld BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms. Dit vind Saterdag plaas. Die dirigente, atlete en aanbieders het kom kuier.
20 Feb 2023 12 min

Ride for a Child: 3 200 km afgelê teen dag 8

Die Ride for a Child-span het al sowat 3 200 km van hul beplande 7 000 km motorfietsrit om die land afgelê. Vandag (Maandag) is dag 9. Na hulle deur die reën in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes gery het, het die span Donderdag en Vrydag vir twee aande in Upington…
20 Feb 2023 1 min

Grondgrype in die kollig na oorstromings

Groot skade is aangerig aan infrastruktuur in die hele Elhanzeni deur die oorstromings. Nkomazi-munisipaliteit is die swaarste getref. Huise het oorstroom, wat die bou van huise onder die vloedlyn opnuut in die kollig geplaas het. Ehlanzeni-rampbestuur het gister die media toegespreek oor die situasie. Mandla Msibi, die LUR vir samewerkende…
17 Feb 2023 8 min

Interlaer 2023: Venue skuif na gasheerskool

Nelspruit Primary bied vanjaar die interlaer-atletiekbyeenkoms vir groot skole in die Laeveld aan. Dit sou aanvanklik op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind het, maar weens die swaar reën die afgelope weke is dit nie meer geskik nie. Dit sal nou op Primary se eie sportvelde plaasvind. Die hoof, Werner van…
16 Feb 2023 8 min

Wat wag op die sitrusbedryf vanjaar

Justin Chadwick, uitvoerende beampte van die Sitrusgroeiersvereniging (CGA) gesels met Charles oor die uitdagings van sitrusboere en die vooruitsigte vir diie bedryf die jaar.
15 Feb 2023 9 min

Sonpark neem verkeerslig aan

Sonpark het die verkeerslig op die R40/Madibarylaan "aangeneem" om dit tydens beurtkrag aan die sentrum se kragopwekker te koppel, sodat verkeer op dié besige roete beterv loei. Gené van Niekerk vertel vir die Sonop-ontbytspan hoe die inisiatief werk.
15 Feb 2023 7 min

Laerskool Malalane gasheer vir Panorama-interlaer

Laerskool Malalane skop Vrydag hul 75 jaar verjaarsdagvieringe af deur die Panorama-interlaer vir Mediumskole aan te bied. Die hoof, Gerben Janse van Rensburg, vertel hoe hulle die skool 'n nuwe baadjie aantrek om die geleentheid te vier.
15 Feb 2023 6 min

Riviere fyn dopgehou in Krugerwildtuin

Rampbestuur in die Krugerwildtuin bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag weens oorstromings. Die Krokodilbrug-toegangshek is steeds gesluit weens die brug wat oorstroom. Die vlakke van die Sabie- en Msimuku-riviere word fyn gemonitor. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê die paaie is oopgestel, maar besoekers moet versigtig wees - veral by laagwaterbrue. Hy raai…
14 Feb 2023 1 min

Ride for a Child skop hul 21-dag motorfietstoer af

Ride for a Child se groep motorfietsryers het Sondagoggend uit Witrivier vertrek op ‘n 21 dag toer deur die land om fondse in te samel wat mediese sorg en operasies vir kinders wat dit benodig moontlik sal maak. Hulle beoog om nagenoeg 7-duisend kilometer af te lê. Dr. André Hattingh…
14 Feb 2023 1 min

Nasionale ramp afgekondig weens oorstromings

Die regering het ‘n nasionale ramptoestand afgekondig om in te gryp ná wydverspreide oorstromings wat groot dele van die land raak. Rampbestuur in Mpumalanga vra dat mense sover moontlik van die paaie afbly, gegewe die volgehoue oorstromings in die provinsie. Jacques Benade sê hulle het gister reeds versoek dat skole…
14 Feb 2023 2 min

Bergfietsryer v. krokodil: Man vertel van nabye ontkoming in Barberton

Deon Roodt is 'n gereelde deelnemer aan die Barberton XCM-bergfietswedren. Daarom dink hy hy moes van beter geweet het voor hy tydens die wedren aan die einde van Januarie, besluit het om 'n bietjie af te koel - en hy van nader kennis gemaak het met 'n krokodil. Dit is…
13 Feb 2023 7 min

Wêreldradiodag: 100.5FM stigter onthou hoe alles begin het

Dit is Wêreldradiodag en Amanda vier dit deur die ontstaan van Radio Laeveld self op te roep. Sy gesels met een van die stigterslede, Christo Botha, oor hoe dit gekom het dat die leeu die eerste keer gebrul het op 1005.FM.
13 Feb 2023 19 min

Watervlakke breek rekords in die Laeveld

"Ons is in ‘n tyd van rekords breek," sê die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, Jacques Benade, oor die oorstromings die afgelope week. "Ons het vloedvlakke en damvlakke wat ons sedert 1985 nie gesien het nie." Hy sê al die damme is vol. Die grootste brandpunte is Nkomazi, wat die…
13 Feb 2023 4 min

Pediatric Care Africa gesels oor Ride for a Child 2023

Ride for a Child se groep motorfietsryers vertrek Sondag uit Witrivier op ‘n 7 000 km toer deur die land om mediese sorg en operasies vir kinders wat dit benodig moontlik te maak. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa gesels met Ludi en Mireille.
11 Feb 2023 13 min

Kampe in wildtuin onbereikbaar weens oorstromings

Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar geen beserings is nog by mense of diere aangemeld nie. Die Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati-kampe word erg geraak en is onbereikbaar. 'n Woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, sê hulle monitor deurlopend die situasie…
10 Feb 2023 1 min

Kleiduif-skietklub het 'n besige program

Die Laeveld Kleiduif-skietklub het ‘n paar besige maande in die vooruitsig. Op 15 en 16 April word die nasionale proewe by die klub buite Malalane aangebied. Die 24ste en 25ste in dit die Mpumalanga Ope en in Julie ‘n groot Sporting-kompetisie waarvoor 84 deelnemers van regoor die land reeds ingeskryf…
9 Feb 2023 9 min

Musiekdebat: Jannie Moolman

Een van sy gunsteling musikale herinneringe is die Operama op Loftus in die laat jare 90, vertel Jannie Moolman. Hy gesels met Amandag oor kere wat jy oorhaastig was in sy 30 jaar loopbaan, hoe hy perongeluk in Klassieke musiek beland het, en sy liefde vir die Bosveld. "Goed is…
9 Feb 2023 5 min
860 – 880