DA bekommerd oor planne met Varsproduktemark

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onduidelikheid rakende wie die grond besit waarop die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga (MEGA) die Varsproduktemark bou. Bosman Grobler sê die entiteit se derde kwartaallikse verslag laat dit voorkom asof hulle beplan om dit oor te dra aan ‘n private konsortium wat teen betaling die mark sal bestuur. Die DA het gister in die wetgewer vrae hieroor aan die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumeleleo Hlophe, gestel. Sy het aangedui sy sal binne sewe dae skriftelik daarop reageer.
13 Mar 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

N4-konstruksie: Dis hoekom

Daar is tans baie konstruksiewerk en rehabilitasieprojekte op die N4 aan die gang. Solange Soares van TRAC gee 'n opdatering van wat aangaan. 
9 Oct 10 min

Penryn bied aan The Things We Carry

Penryn College nooi Laevelders om die ervarings van jong kunstenaars te beleef met "The Things We Carry"-kunsuitstalling. Michelle Booysen, die kunshoof, gesels met Sonop Ontbyt oor die uitstalling wat vir die volgende maand oop is vir die publiek. 
7 Oct 9 min