100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,268 Episodes
740 – 760

Innibos stalletjies vanjaar splinternuut en kleurvol

Vanjaar is 80% van die uitstallers by Innibos splinternuut, so feesgangers kan uitsien na nuwe aanbiedinge op die feesterrein. Die tema by die Bosmôl is vanjaar "Karnaval". Alison Linde vertel vir Amanda dié uitstallers kom van oral oor die land. Boonop is die kosaanbieding vanjaar ook anders as gewoonlik.
14 Jun 2023 9 min

Innibos: Al die praktiese reëlings

Vanjaar is nie jou eerste Innibos fees nie, maar jy het moontlik al vergeet hoe werk die logistiek: Hoe laat maak die feesterrein se hekke oop, waar parkeer jy en wie kwalifiseer vir pensioenaris afslag? Feesbestuurder, Andy Lubbe, en Werner Terblanche van J&M Sekuriteit, vertel vir Andri alles wat jy…
14 Jun 2023 23 min

Wanda Zonke by Loof Hom Innibos te sien

Die plaaslike saksofoonspeler, komponis en die musikale direkteur van Church Unlimited, Wanda Zonke, open tydens Innibos die Loof Hom Innibos-konsert vir Jo Black. Hy is ook tydens die fees wat op 29 Junie in Mbombela afskop te sien op die Mopani-verhoog in die Wingerd Kuiertuin op die feesterrein by Hoërskool…
14 Jun 2023 6 min

My vrou se man se vrou is terug by Innibos

Die skreeusnaakse klug, "My Vrou se Man se Vrou", wat rekords in Suid-Afrika laat spat het, is terug op die planke by Innibos. Phillru van Achterbergh, welbekend as Die Grotman, vertolk die rol van John Smith wat sy bestaan maak as taxibestuurder en sy twee vroue wat nie van mekaar…
13 Jun 2023 9 min

Christie's @ 32 on Russell steeds 'n oase na 86 jaar

Die eerste deel van die asemrowende Christie's @ 32 on Russell is reeds in 1937 gebou. John Wilcox, besturende direkteur van die Christie-family se sakeryk, en chef Brad Ennis gesels met Sonop Ontbyt oor dié geskiedkundige oasis in Mbombela.
13 Jun 2023 12 min

Barberton Skermsweef Ope 2023 skop af

Die Skermsweef Ope het gister in Barberton afgeskop en tot Saterdag spook van die land se top skermswewers dit uit vir die goud. Willem en Mias de Klerk gesels met Ludi en Mireille oor dié sport.
12 Jun 2023 9 min

Pumas deur na Curriebeker halfeindronde

Na dramatiese rugbyaksie die naweek is dit die Toyota Cheetahs wat na afloop van die 14 rondomtalie-rondes bo-aan die Curriebeker punteleer lê. Na die Cell C Haaie se 5-44 nederlaag teen die DHL WP eindig hulle tweede. Die Airlink Pumas, die verdedigende kampioene, het die Windhoek Draught Griekwas Vrydag in…
12 Jun 2023 9 min

Ouers eis antwoorde oor Estralita Spesiale Skool

Hanlie Swanepoel, die hoof van Estralita Spesiale Skool in Lydenburg, is in Mei verlede jaar deur die provinsiale departement van onderwys gevra om eerder nie skool toe te kom nie, weens kommer oor haar veiligheid. Dit is na lede van Nehawu wat by die skool werk, ernstige bewerings teen haar…
9 Jun 2023 15 min

Comdatech wen Africa IoT&AI Challenge

Richard Davis het slegs ‘n paar jaar gelede Comdatech in sy motorhuis in Witrivier begin. Vroeër die maand het die maatskappy as wenner teruggekeer van Marakesh, Marokko, waar hulle die Africa IoT&AI Challenge by GITEX Africa gewen het. Comdatech het Suid-Afrika verteenwoordig met nuwe teen-betreding tegnologie vir heinings wat deur…
9 Jun 2023 18 min

Zondagkraal Blom met nuwe enkelsnit

Zondagkraal se enkelsnit "Blom" boer as sowat ses weke op die 100.5FM Top 20. Die groep plaasrockers/suikerrietboere van Komatipoort bestaan uit Hannes Eloff, Roelf Fritz en Christaan van Biljon. Hulle kuier saam met Ludi in die ateljee.
9 Jun 2023 5 min

Henry Davids terug vir Witrivier krieketweek die skoolvakansie

Honderde jong krieket- en hokkiespelers sak tydens die opkomende Junie-skoolvakansie toe op Witrivier wanneer Laerskool Witrivier hul jaarlikse krieket- en hokkieweke aanbied. Iaan Jacobs en Jenny Schoeman vertel vir Ludi en Mireille dit help afrigters om hul spankeuses te finaliseer, maar top-gehalte afrigting vorm die kern van die sportfees. Ryan…
8 Jun 2023 11 min

Wêreldbeker toer deur Mpumalanga voor netbaltoernooi in Afrika

Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, is op toer van Mpumalanga met die Wêreldbeker voor dit 28 Julie in Kaapstad afskop. Sy het vanoggend saam met die LUR vir sport en kultuur, Thandi Shongwe, in die 100.5FM ateljee kom kuier. Dit is die eerste keer dat 'n wêreldbeker in…
5 Jun 2023 16 min

Curriebeker-kragmeting Saterdag in Mbombela kan bepalend wees

Die Haaie en Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop. Die Pumas bly egter in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde. Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde -…
2 Jun 2023 13 min

Sonop gaan Bos en kyk voëls

Die bekende voëlkenner, Duncan MacKenzie, kuier vandag in die ateljee saam met Sonop Ontbyt wat elke Woensdag Bos gaan en oor bewaring en natuurlewe gesels.
31 May 2023 16 min

ISAF help gesinne met spesiale behoeftes hierdie winter

Behandeling en onderrig vir kinders met spesiale behoeftes kan gesinne se finansies onder druk sit, en daarom is Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) op soek na warm klere en komberse om hulle hierdie winter te ondersteun. Cindy Coetzee, die stigter van ISAF, ‘n nie-winsgewende organisasie ter ondersteuning van gesinne met…
31 May 2023 7 min

Doodloopspore ondersoek nog onverklaarde geheime in Suider Afrika

Die ondersoeker en navorser, Wouter Botes, is eersdaags terug op die skerm met nog onverklaarde geheimenisse wat hy probeer oplos: van verdwynings en onopgeloste moorde tot vreemde verskynsels en legendes. Die eerste episode van "Doodloopspore" begin op 15 Junie.
30 May 2023 8 min
740 – 760