Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,229 Episodes
760 – 780

Neil Somers roer hartsnare met nuwe musiek

Neil Somers het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Anja van der Merwe gesels oor die inspirasie agter sy nuwe enkelsnit, “Jy is water”, wat pas uitgereik is.
16 Sep 2021 10 min

‘Begrond’ wys daar is hoop, selfs in donkerste tye

‘Begrond’, uit die pen van dr. Dirk Hermann, is ʼn aangrypende verhaal oor ʼn plaasmoord in Suid-Afrika wat die jong Faan Venter, sy familie en die gemeenskap tot in hul fondamente skud. Jy kan hier na die volledige enkelradiodrama luister.
15 Sep 2021 1 hr 12 min

Vroue samel duisende rande in vir sanitêre ware

Retha Ingenbleek van Spar het telefonies met Maroela Media gesels oor die sukses van die Spar Women’s Virtual Challenge en die reusebedrag wat deelnemers stil-stil vir die liefdadigheidsprojek van vanjaar se uitdaging ingesamel het.
10 Sep 2021 4 min

Luister: Maroela Media is op soek na Afrikaans se grootste grap

Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, het ʼn draai in die ateljee gemaak om meer te vertel oor die mediahuis se soektog na die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye. Luister na die onderhoud om uit te vind hoe jou gunsteling- Afrikaanse grappe jou Mauritius toe kan vat.
6 Sep 2021 6 min

Luister: Organisasie steun vervolgde Christene in Indië

Maroela Media het vroeër vandeesmaand met Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, gesels oor die organisasie se veldtog om vervolgde Christene in Indië te ondersteun. Kente het die getuienis van Praveen en Shanti, ʼn Christen-egpaar in die land, gedeel.
31 Aug 2021 5 min

Luister: Brendan Peyper warm weer op

“Daar is niks anders wat ek in die wêreld wil doen nie en dis lekker om die geleentheid te hê om die bedryf te verteenwoordig.”
20 Aug 2021 9 min

Bou jou selfvertroue in vier stappe

Heidi Mollentze het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor selfvertroue. Sy verduidelik wat dit is en hoe jy dit kan opbou, want niemand verdien swak selfvertroue, of ʼn swak selfbeeld nie.
30 Jul 2021 11 min

Stuit die uitstelmonster in sy spore

Heidi Mollentze het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor uitstel, hoekom ons dit so maklik doen en hoe jy dit beter kan bestuur.
23 Jul 2021 10 min

Willem Botha nooi jou om vreesloos te leef

Willem Botha is een van die ambassadeurs van vanjaar se Spar Women’s Virtual Challenge. Hy het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die uitdaging wat hom na aan die hart lê en hoe om die hutsmerk van die 2021-uitdaging deel van jou eie lewe te maak
22 Jul 2021 10 min

Emosionele intelligensie: Só kan dit jou help

Heidi Mollentze het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor emosionele intelligensie. Sy verduidelik wat presies dit is, hoekom dit so belangrik is en hoe jy die soort intelligensie verder kan ontwikkel.
16 Jul 2021 14 min
760 – 780