Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
966 Episodes
1 – 20

Veilig met vuurwapens en kinders in die huis

Ian Cameron en Heinke Hartdegen is albei ouers en voorstanders van wettige en verantwoordelike vuurwapeneienaarskap. Hulle gee raad oor hoe om seker te maak jou kinders bly veilig as dit by vuurwapens in die huis kom.
15 Apr 7 min

Gesonde gesinne: Wat is ons doel met dissipline?

Met Maroela Media se podsendingreeks wat fokus op ouerskap en gesonde gesinne, kuier Lourindi Nel oor die volgende paar weke in die ateljee om oor ouerskapskwessies te gesels. Dissipline bly maar ʼn uitdaging. Lourindi sê die eerste stap is om te dink wat jou as ouer se doel met dissipline…
11 Apr 11 min

Moet jou vuurwapen saamry of tuisbly op vakansie?

As jy in Suid-Afrika met ʼn vuurwapen wil reis, moet jy verseker dat jy die land se vuurwapenregulasies streng gehoorsaam. Maroela Media het gaan uitvind hoe jy veilig en gemaklik met jou vuurwapen kan reis en selfs vakansie kan hou.
11 Apr 16 min

Rooksein herontdek studentejare, eie klank

“Vandat ons begin het, kon ons die Here se hand daarin sien,” voeg Renier by. “Dit was nooit iets wat ons self moes druk nie; dit was iets waaraan ons gehoorsaam moes wees.”
8 Apr 13 min

‘Eerlike, diep’ Bobby neem weer pen op

“Ek het ‘Verlore seun’ reeds ʼn tydjie gelede al geskryf, maar ek is gemaan dat ek nie té eerlik en diep moet raak nie. Op die plek waar ek tans in my loopbaan is, gee ek nie meer so baie om nie.”
2 Apr 10 min

Hoe gemaak as misdadigers slagoffer speel?

Hoe maak ʼn vuurwapeneienaar as die misdadiger skielik slagoffer speel en 'n teenklag lê? Die teenmisdaadaktivis Ian Cameron en advokaat Henk Nolte, albei van Firearms Gaurdian, het dié teenklagte met Maroela Media bespreek.
28 Mar 9 min

Kom gedenk Vervolgingsondag saam met Geopende Deure

Esté Meyer Jansen van Maroela Media het aanlyn met Elizabeth Botha van Geopende Deure oor Vervolgingsondag gesels. Elizabeth het verduidelik hoekom dit belangrik is dat almal bewus moet wees van die vervolging van Christene in ander wêrelddele en hoe hulle ondersteun kan word.
28 Mar 17 min

Slaap, die sleutel tot algehele gesondheid

Kinders word nie om dowe neute al vir donkiejare vroeg bed toe gestuur nie. Dr. David Goncalves gesels met Maroela Media oor die belangrikheid van ʼn goeie slaappatroon vir ʼn kind se algehele gesondheid.
28 Mar 11 min
1 – 20