Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,266 Episodes
1 – 20

Brug na hoop: Projek gee kinders nuwe kans

“By ‘Bemagtig ʼn kind’ bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.”
30 Apr 4 min

Afrikaanse toppresteerders skitter in SOS se nuwe nasionale ranglys

Agter elke matriekpunt skuil ʼn storie van harde werk. Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die erkenning vir die land se top- Afrikaanse matrikulante en uitvind wat hul sukses vir skole en gemeenskappe beteken
28 Apr 10 min

‘Help, graad 4 is hier!’

“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee.
24 Apr 22 min

Dirk wys dieper kant met nuwe snit

“Ek wil deur die liedjie die hoop bring dat mense in ʼn soortgelyke situasie iemand sal vind wat daardie seer deur liefhê sal laat verdwyn. Ek het nie weer iemand gekry nie, maar ek het dit in God gevind.”
24 Apr 7 min

‘Kweek van kleins af ʼn lesertjie’

Maroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak.
23 Apr 23 min

Hettie en Louis Brittz gee hoop vir gesinne in haastige wêreld

“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik…
2 Apr 13 min

TV-rol verdiep akteur se eie reis met ADHD

Waar hy verlede jaar kykers laat bloos het as ʼn sagmoedige spiertier in “Khaki Fever”, hoop die akteur Abel Knobel om nou met sy nuwe rol harte te raak en moontlik groter bewustheid oor AGHS onder volwassenes te skep.
19 Mar 36 min

Afghaanse vrou: ‘Ek het die God gevind wat my raaksien’

Haar man is geskiet, haar vriende het haar heeltemal verstoot en sy moes met ʼn baba uit Afghanistan vlug. Tog sê Zakie* sy het in haar donkerste oomblikke “die God gevind wat my raaksien”. Haar verhaal werp lig op die werklikheid van miljoene Christen-vroue wat wêreldwyd vir hul geloof vervolg…
13 Mar 15 min

Sielkundige fenomeen inspireer sanger

“Ek hoop dat ek deur die liedjie mense sal kan bewus maak van die seer wat hulle ervaar, en dat dit dalk tot die besluit sal lei dat hulle met iemand sal gaan praat en genesing soek.”
27 Feb 15 min

Musikant Dani Villé skryf eerlik oor vriendskap

“Met ʼn terugblik op die vriendskap het ek egter besef dat sy eintlik baie selfbewus was, en dit het vir my voorgekom asof sy baie omgegee het vir haar beeld en met wie sy vriende was.”
16 Feb 6 min
1 – 20