GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
872 Episodes
420 – 440

Lunch Punch: Grootgolf branderplankryer Jurie Muller oor branderplank van wol

Grootgolf branderplankryer, Jurie Muller van Vleesbaai, oor branderplank van wol. ’n Nuwe film ‘Tides of Wool’ maak golwe in die wêreld van branderplankry en omgewingsbewustheid. Dit volg Skaapboer & Big Wave Surfer, Jurie Muller, van Vleesbaai in die Wes-Kaap, wat die branderplank herverbeel op sy reis om die plaag van…
19 Jul 2023 6 min

Lunch Punch: Ouma Madge word 100 jaar

Goeie Nuus Vrydag: Ouma Madge Holloway is gebore 12 Julie 1923 in Leeudoringstad. Sy is in Meyerton in ‘n ouetehuis, in Huis Meyerton. Nellie Watkins, 'n familielid baie na aan ouma Madge het met haar gesels op haar 100ste verjaarsdag vroeër die week.
14 Jul 2023 3 min

Lunch Punch: Nádine oor Kleure in Atterbury Kollig en Derick Hougaard

Nádine gaan terug in tyd en herroep die grootste treffers van dekades in kleur. Soos die seisoene van die lewe ons in skakerings van warm somersgeel begelei tot in die indigo-blou van winter, verf Nadine voort op haar suksesverhaal van Skildery. Kleure is sonder twyfel die perfekte titel vir haar…
14 Jul 2023 22 min

Lunch Punch: Leandry Smith Junior Burgemeester van Pretoria oor Jeugdag

Die Junior Stadsraad van Pretoria, is ’n nie-winsgewende jeug-organisasie wat in 1979 deur die Verenigde Nasies se projek “Die Internasionale Jaar van die Kind” gestig is. Twee Hoërskool verteenwoordigers (een in Graad 10 en een in Graad 11) dien op die raad. Daar is tans 38 Hoërskole in Tshwane wat…
16 Jun 2023 22 min

Lunch Punch: Gerrie Hadders oor sy biografie as MS aka veelvuldige sklerose-lyer

Just Keep S’myelin skets die lewensverhaal van Gerrie Hadders, ’n veelvuldige sklerose-lyer met ’n aansteeklike positiewe uitkyk op sy oorlewing en die lewe in die algemeen. Omdat die boek in eerstepersoonperspektief geskryf is, kan lesers hulself amper verbeel asof hulle gemaklik op ’n rusbank uitgestrek lê en luister hoe Gerrie…
8 Jun 2023 11 min
420 – 440