Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,194 Episodes
552 – 572

Markoorsig

Johan Gouws – hoof: welvaartadviesdienste, PPS
27 Aug 2025 12PM 7 min

Jou slimfoon kan jou nou teen ’n vishing-aanval waarsku

Marius Le Roux, hoof van operasionele risiko, kleinhandel-, besigheids- en kommersiële bankdienste by Standard Bank, gesels oor ’n toepassing wat verskeie banke in hul banktoepassings ingebou het om hul kliënte te beskerm.
26 Aug 2025 12PM 5 min

Trump knor weer vir die Fed

Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, gesels oor Donald Trump se afdanking van Fed-goewerneur Lisa Cook, en oor Old Mutual en Motus se aandeelpryse.
26 Aug 2025 12PM 8 min

Banxso in voorlopige likwidasie

Pierre du Toit, prokureur by Mostert & Bosman Prokureurs, verduidelik wat Banxsso se voorlopige likwidasie in die praktyk beteken
26 Aug 2025 12PM 11 min

Momentum kry momentum

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, gesels oor kommoditeitsaandele, Momentum se handelsverklaring en Italtile se finansiële resultate.
25 Aug 2025 11AM 9 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Corné Welman en Nico Matthee, welvaartbeplanners by Portfolium, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
22 Aug 2025 12PM 18 min

Die dollar se dood is die rand se brood

Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, verduidelik wat die sterker rand dryf en gesels oor Grindrod se finansiële resultate.
22 Aug 2025 12PM 8 min

Die mense stroom steeds Spur toe

Spur het vandag sy winsyfers vir die ses maande tot einde Junie bekend gemaak. Die omset het met 11% gestyg, terwyl die wesensverdienste met 16,5% toegeneem het. Val Nichas, uitvoerende hoof, bespreek die resultate.
21 Aug 2025 12PM 8 min
552 – 572