Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,485 Episodes
1560 – 1580

Sanlam betree ’n NinetyOne-era

Sanlam het vandag winssyfers bekend gemaak en die direksie het 'n dividend van R4,45 per aandeel verklaar. Anton Gildenhuys, uitvoerende hoof van Sanlam Lewensversekering en Spaarprodukte, gesels oor die resultate en hul transaksie met Ninety One.
6 Mar 2025 10AM 11 min

Die Tesourie wil Rural Maintenance uit Mafube skop

Die Nasionale Tesourie wil Rural Maintenance se kontrak met die Mafube-munisipaliteit hersien met die oog daarop om dit te kanselleer. Chris Bosch, uitvoerende hoof van Rural Maintenance, bespreek die voorstel.
6 Mar 2025 10AM 9 min

Curro groei ondanks groter druk op ouers

Curro het vandag tussentydse resultate bekend gemaak. Die omset is 8% hoër en wesensverdienste styg met 10%. Die uitvoerende hoof, Cobus Loubser, bespreek die resultate.
5 Mar 2025 11AM 10 min

Boere bekommerd oor 2025

Die Agri Econ-barometer bevat die insigte van 118 landbou-ekonome oor die vooruitsigte van kommersiële landbou vir die volgende 12 maande. Prof. Johan Willemse, ekonoom van Agrikonsult, gesels oor die jongste opname.
4 Mar 2025 11AM 5 min

Goudprys laat Harmony sing

Harmony Gold het vandag winssyfers vir die ses maande tot einde Desember aangekondig. Die wesensverdienste het met 33% gestyg. Die uitvoerende hoof, Beyers Nel, gesels oor die winssyfers.
4 Mar 2025 10AM 7 min

Die SA ekonomie ploeter voort

Statistieke Suid-Afrika het vandag die jongste BBP-syfer aangekondig. Dawie Roodt, stigter en hoofekonoom van die Efficient Groep, gesels oor Suid-Afrika se ekonomie.
4 Mar 2025 10AM 8 min

Trump draai sy tarief-mes

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, gesels oor Amerika se tariewe teen Kanada, China en Mexiko.
4 Mar 2025 10AM 8 min
1560 – 1580