OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,833 Episodes
580 – 600

Droë en warm toestande kelder positiewe vooruitsigte

Landbouers in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes is tans onder geweldige druk aangesien die huidige seisoen nie die verwagte reënval gelewer het nie. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met onafanklike weerkundige , Johan van der Berg, oor wat ons kan verwag in die komende weke.
28 Jan 2025 10PM 3 min

Onteiningswet - wat nou verder?

Die ondertekening van die Onteiningswet deur President Cyril Ramaphosa het verlede week ‘n herrie ontketen. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger gesels met Agbiz se Annelize Crosby oor die pad vorentoe…
26 Jan 2025 10PM 5 min

SAPV hoop op BTW aankondiging

Die begrotingsrede is skeduleer vir 19 Februarie en een van die aankondigings wat die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging hoop gedoen gaan word, is die kwytskelding van BTW op seker hoenderprodukte. Die organisasie se Izaak Breitenbach deel meer…
26 Jan 2025 10PM 3 min

New in Farmer's Weekly - 31 January 2025 Edition

Sindira Chetty, digital editor of Farmer’s Weekly, unpacks the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
23 Jan 2025 10PM 2 min

OVK-wolveilingnuus

Die Suid-Afrikaanse wolmark het 'n geringe afname ervaar ten opsigte van gesertifiseerde wol, terwyl die alle-merino aanwyser onveranderd gebly het in vergelyking met die vorige veiling. In die lig van die sterker Rand, het die mark goed presteer met 'n styging in die waarde van wol in Amerikaanse Dollar terme…
23 Jan 2025 10PM 2 min

Chris Derksen vleispryse

Chris Derksen gee vleispryse in die Noord-Vrystaat vir die week ge-eindig 22 Januarie…
23 Jan 2025 12AM 1 min

Nuwe boek werp lig op stryd teen indringerboom

’n Belangrike nuwe boek oor die ekologie en bestuur van een van Afrika se mees vernietigende indringerplante, Prosopis juliflora, is onlangs aanlyn beskikbaar gestel. The Ecology and Management of Invasive Prosopis Trees in Eastern Africa is die resultaat van ’n dekade lange internasionale navorsingsprojek wat ses universiteite en agt instellings…
22 Jan 2025 10PM 3 min

AMT - Graanmarktendense

Volgens Dr. Johnny van der Merwe, 'n ontleder by AMT, het die week se Safex-pryse gemengde resultate getoon.
21 Jan 2025 10PM 3 min

AMT ontleding - Vleispryse

Volgens Dr. Johnny van der Merwe, ontleder by AMT, het speenkalfpryse die afgelope week sterk gebly en selfs verder gestyg.
21 Jan 2025 10PM 6 min

Suid-Afrika neem leiding in globale bio-ekonomie by G20

Landbouminister John Steenhuisen het onlangs aan ‘n paneelbespreking oor die bio-ekonomie tydens 'n G20-byeenkoms in Berlyn bygewoon. Die bio-ekonomie, met landbou as kernfokus, bied geleenthede vir klimaataanpassing, voedselsekerheid en werkskepping, en daar word beraam dat hierdie sektor teen 2050 tot $30 triljoen kan groei. Ons luister na ‘n greep van…
20 Jan 2025 10PM 3 min

Kenner waarsku produsente kan hoë boetes kry vir onverklaarde lone

Slegs 6 000 van die 31 000 geregistreerde produsente het hul lone vir die 2023-boekjaar verklaar aan die Vergoedingsfonds, met ernstige gevolge vir dié wat versuim het. OFM Agri se Robyn Schutte het met Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, hieroor gesels…
20 Jan 2025 10PM 4 min

Kunsmispryse onder loep: Nasionale Kommissie beklemtoon kritieke aanbevelings

Ons luister na ’n klankgreep van die onlangse verslag van die Mededingingskommissie oor die uitdagings in die varsprodukte-waardeketting, met spesifieke fokus op hoe stygende kunsmispryse kleiner boere raak. Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, deel sy insigte oor die regering se planne om die aanbevelings van die verslag…
20 Jan 2025 10PM 4 min
580 – 600