Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
01

Lina Spies 75

Lina Spies is nie alleen alombekend op Stellenbosch nie, maar het met haar herkenbare digterstem ’n wye aanhang verwerf by sowel leerders en studente as by die breë publiek. Die afgelope jare het bekronings gebring vir haar vertaling van Anne Frank se dagboek uit Nederlands. Kom luister hoe Murray La Vita haar uitvra oor haar beskouings. Alida Potgieter gesels oor haar werk en Hendrik Hofmeyr lewer saam met Minette du Toit - Pearce ’n gloednuwe toonsetting van Lina se verse, geskryf in opdrag van die US Woordfees!
02

Engela van Rooyen, 75

‘Sy skryf met eerlikheid en gevoeligheid, sonder ’n greintjie sentimentaliteit. En daarvoor kan sy nie hoog genoeg aangeprys word nie.’ – Cecile Cilliers. Danie Botha en Linda Rhode vier saam met Engela haar uiters suksesvolle loopbaan en lewe. Sy het reeds as student begin skryf aan ’n oeuvre van kortverhale en radiodramas, jeugboeke en romans, asook talle ligter tekste onder verskillende skuilname. Haar werk is verskeie kere bekroon en jare lank op skool voorgeskryf. Die gewilde Vuur op die horizon was haar honderdste roman! Kom maak mee waarom sy so geliefd is.
03

Dan Sleigh , 75

Hierdie grootse skrywer, wat sy 75ste verjaarsdag in 2013 gevier het, is veral veelvuldig bekroon vir sy roman Eilande, maar ook vir sy digkuns en vir Wals met Matilda. Kom luister gerus hoe syskrywersloopbaan tot dusver verloop het, na die groot rol wat sy kundigheid oor die geskiedenis daarbygespeel het en na die kreatiewe manier waarop hy vars gedagtes en woorde uit sy hoed pluk. Dan Sleigh gee saam met Wium van Zyl en Petra Müller vars perspektiewe op sy lewe en werk.
04

Corlia Fourie, 70

As dogter van Mikro is Corlia Fourie se liefde vir stories reeds vroeg vasgelê. Na jare as joernalis het sy haar hand aan fiksie gewaag – en daarna was daar geen keer nie.Haar verhoogstukke, radiodramas, kinderverhale, kortverhale en romans is verskeie kere bekroon. As Rooi Rose se verhaleredakteur ploeg sy nou haar kennis terug in jong skrywers. Amanda Lourens en Stephanie Nieuwoudt gesels saam met dié gewilde skrywer oor haar werk en lewe.
05

Gerrit Brand (1970 - 2013) – in memoriam

Met Johan du Toit, Nico Koopman en Johann Rossouw: Gerrit Brand het as gerespekteerde joernalis en boekeredakteur, stryder vir meertaligheid, wydgelese
rubriek- en blogskrywer, diepsinnige filosofiese teoloog en Woordfeesvriend, ’n groot invloed uitgeoefen as openbare intellektueel. In ’n huldigingsgesprek reflekteer Johan du Toit, Nico Koopman en Johann Rossouw oor sy bydrae as mens en skrywer. ’n Huldigingsbundel, Godvanger: ’n keur uit die skrywes van Gerrit Brand (met Willem de Vries en Robert Vosloo as redakteurs), word bekendgestel.

5 episodes