Engela van Rooyen, 75
--:--
‘Sy skryf met eerlikheid en gevoeligheid, sonder ’n greintjie sentimentaliteit. En daarvoor kan sy nie hoog genoeg aangeprys word nie.’ – Cecile Cilliers. Danie Botha en Linda Rhode vier saam met Engela haar uiters suksesvolle loopbaan en lewe. Sy het reeds as student begin skryf aan ’n oeuvre van kortverhale en radiodramas, jeugboeke en romans, asook talle ligter tekste onder verskillende skuilname. Haar werk is verskeie kere bekroon en jare lank op skool voorgeskryf. Die gewilde Vuur op die horizon was haar honderdste roman! Kom maak mee waarom sy so geliefd is.