Lina Spies 75
--:--
Lina Spies is nie alleen alombekend op Stellenbosch nie, maar het met haar herkenbare digterstem ’n wye aanhang verwerf by sowel leerders en studente as by die breë publiek. Die afgelope jare het bekronings gebring vir haar vertaling van Anne Frank se dagboek uit Nederlands. Kom luister hoe Murray La Vita haar uitvra oor haar beskouings. Alida Potgieter gesels oor haar werk en Hendrik Hofmeyr lewer saam met Minette du Toit - Pearce ’n gloednuwe toonsetting van Lina se verse, geskryf in opdrag van die US Woordfees!