Helpende Hand voorsien graadjies van tassies

Loading player...
Solidariteit Helpende Hand het vanjaar weer verseker dat elke graad eentjie ‘n skooltas, en die nodige skryfbehoeftes, het voor die skole gister heropen het.
Dit dek laerskole Nelspruit, Bergland, Laeveld en Witrivier.
Volgens Elize Visser, voorsitter van die Laeveld-tak, het hulle vanjaar weer sowat 70 tassies uitgedeel, om te verseker behoeftige kinders het ook alles wat hulle benodig.
Sy voer aan dat die nood vanjaar nie veel groter is as ander jare nie. Wat hulle wel benodig is skryfbehoeftes vir ouer kinders ook omdat soveel gesinne se finansies druk om in hierdie noodsaaklikhede te voorsien.
16 Feb 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min