Mpumalanga vra dat mense onder die vloedlyn ontruim

Loading player...
Die area is nog nie eens as 'n rampgebied verklaar na die afgelope amper drie weke se oorstromings nie, en reeds is meer ontwrigtende reën op pad.
Die provinsiale departement van samewerkende regering het mense wat onder vloedlyne en in laagliggende gebiede bly, gevra om eerder die areas te ontruim.
Volgens woordvoerder, George Mthethwa, is dit gevaarlik, aangesien damme en riviere reeds baie vol is.
‘n Vlak-4 geel waarskuwing is uitgereik vir die Nkomazi en Bosbokrand-areas.
16 Feb 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min