Drie vermeende moordenaars verskyn in dieNelspruit-hof

Loading player...
Die vermeende moordenaars Joseph “Big Joe” Nyalungu, Selby Nyalungu en Elvis Mulimi het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van moord en ontvoering.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Willy Shipalane 10 jaar gelede ontvoer en vermoor het.
Big Joe se broer, Selby Nyalungu, is nie in Julie saam met die ander aangekeer nie, maar het homself gister aan die owerhede oorhandig. 
Hy is ook borgtog van duisend-Rand toegestaan.
Die saak is uitgestel tot 21 Februarie. 
28 Jan 2021 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min