Twee mense in Mpumalanga gesoek na Eloise

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga soek tans na twee mense wat vermis geraak het tydens tropiese storm Eloise.
Tydens ‘n inligtingsessie met die minister van samewerkende regering vanoggend, is bevestig dat die twee mense in Mashishing en Pilgrim’s Rest vermis geraak het.
Slegs een sterfte is al weens die storm in Mpumalanga bevestig: die van ‘n vyfjarige seuntjie wat deur ‘n waterstroom in Masoyi meegesleur is.
Sy liggaam is sedertien ontdek.
26 Jan 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min