Vlak 10-vloedwaarskuwing in plek in die Laeveld

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se vlak 10-waarskuwing vir vloede is steeds in plek in die Laeveld, na tropiese storm Eloise gister báie swaar reën veroorsaak het.
Bome is omgewaai, en paaie het oorstroom en is beskadig. Die wildtuin het vanoggend Krokodilbrug gesluit weens die rivier wat oorstroom.
Mbombela en Thaba Chweu ervaar ook kragonderbrekings. Senior weervoorspeller, Puseletso Mofokeng,sê vandag behoort ‘n normale hoeveelheid reënval te sien, maar dit kan steeds vloede veroorsaak in die hele area. 
Inwoners moet daarom liefs binneshuis en van die paaie af bly. 
25 Jan 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min