Covid eis merkwaardige Hazyview-dokter

Loading player...
Dokter Robbie Nel, ‘n bekende huisdokter van Hazyview, is laat gistermiddag op 77-jarige ouderdom in die hospitaal dood nadat hy Covid opgedoen het.
Hy is deur familie, vriende en pasiënte beskryf as ‘n legende en iemand wat buitengewoon baie vir ander omgegee het.
Hy word oorleef deur sy vrou, Linda, drie kinders, en twee kleinkinders.
‘n Jarelange vriendin, Sally Wille, sê hy was op sy ouderdom steeds ‘n voltydse vriend, dokter, boer én vlieënier.
19 Jan 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min