DA vra provinsie om in te gryp in sukkelende munisipaliteite

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het weer ‘n beroep op die provinsiale regering gedoen om in te gryp in sukkelende munisipaliteite.
Volgens Trudie Grovè-Morgan wys hul navorsing dat Emalahleni Eskom teen 31 Oktober ‘n allemintige R4,6 miljard geskuld het.
Thaba Chweu was die kragreus R827 miljoen verskuldig.
Sy sê dit is ‘n uitdaging vir landelike munisipaliteite soos Thaba Chweu om geld wat aan hulle verskuldig is, in te samel, maar ander, soos Bosbokrand, betaal wel hul skuld.
13 Jan 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min