Nog ‘n Mpumalanga-prins vermoor

Loading player...
Prins Andries Mahlangu is Saterdag voor sy huis in Siyabuswa vermoor. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, is die 67-jarige kort na 20:00 in sy kar voor sy huis geskiet. Sy seun het die skote gehoor en twee mans sien weghardloop.
Dit volg op ‘n ander prins se moord op 4 Januarie. Zwelithini Dlamini is deur ‘n onbekende man in sy huis in Matsulu geskiet terwyl hy saam met vriende geëet het. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
11 Jan 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min