Vuurwerke vanjaar op Oujaar in Mbombela verbied

Loading player...
Vuurwerke en klappers word nie hierdie feestyd in die Mbombela-area toegelaat nie, want al die sportgronde en stadions is gesluit vir die publiek.
Die munisipaliteit het tydelik verskeie fasiliteite toegemaak weens die tweede golf van Covid-19.
Dit sluit ook die munisipale swembaddens, gemeenskapsale, die kunsgallery en biblioteke in.
Vuurwerke word net op sportgronde toegelaat op spesiale dae, soos Oujaarsaand.
Petrus Mthiyane, die hoof van die brandweer, het bevestig dat dit beteken vuurwerke is effektief verbied.
23 Dec 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min