Plaaslike toerisme vra dat mense by Covid-19-reëls hou

Loading player...
‘n Ongewone feestyd skop vandag af, maar vir Mpumalanga-toerisme is die jongste verskerping van Covid-19-regulasies nie die slegste nuus nie.
Oupa Pilane van die Kruger-Laeveld-sakekamer en Satsa, sê die private sektor is dankbaar die provinsie is nie ‘n brandpunt nie.
Mpumalanga het teen Maandag 648 aktiewe gevalle gehad, teenoor 399 ‘n week tevore.
Tog is hulle bekommerd oor mense se veiligheid.
Hy het ‘n beroep gedoen op die eienaars van alle ondernemings om seker te maak dat mense by die reëls hou en op wetstoepassers om dit af te dwing.
16 Dec 2020 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min