Provinsie verhoog sigbare polisiëring vir feesseisoen

Loading player...
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend 40 nuwe voertuie aan die department van gemeenskapsveiligheid oorhandig.
Dit is geskenk deur die Padverkeerbestuurskorporasie.
Dit is bedoel om sigbare polisiëring in die provinsie te verhoog.
Die premier voer aan daar was in Desember sover reeds meer ongelukke en sterftes op die provinsie se paaie, as verlede jaar dieselfde tyd.
Sy is deur die ministers van polisie en vervoer vergesel na die geleentheid op die N4 naby Belfast.
15 Dec 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min