Barberton-polisiekonstabel vasgetrek vir dagga-handel

Loading player...
‘n Polisiebeampte wat by Barberton gestasioneer is, het Woensdag in die landdroshof verkyn op klagte van dagga-handel en dwarsboming van die gereg.
Die 27-jarige konstabel, Bhekimuzi Evans Dlamini, is dieselfde dag deur die Valke in hegtenis geneem.
Volgens kaptein Dineo Sekgotodi, word daar beweer dat Dlamini mense gewerf het om dagga van Swaziland na Suid-Afrika te smokkel.
Hy is in April saam met twee verdagtes betrap, wat na die ondersoek gelei het.
Dlamini is borgtog van een-duisend-Rand toegestaan.
Die saak is uitgestel tot 21 Janurie.
11 Dec 2020 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min