Plaaslike veeartse waarsku teen parvovirus

Loading player...
Daar is ‘n toename in die hoogs aansteeklike parvovirus, wat katgriep veroorsaak, in Mbombela.
Van Wijkstraat Dierehospitaal sê hulle het die afgelope week 10 gevalle gehad.
Volgens dokter Christo Nortjé is die siekte baie dodelik vir honde.
Hy voeg by dat inentings baie effektief is teen die siekte, maar mense besef dikwels nie dat hul hondjies meer as een enting nodig het nie.
Dit moet op ses, nege en 12 weke toegedien word, en daarna jaarliks.
4 Dec 2020 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min