Laeveld-gemeenskap steek hande op tydens inperking

Loading player...
Dit is vandag 8 maande sedert die staat van inperking in werking getree het. Die ekonomie is op sy knieë en duisende mense het hul werke verloor. Toerisme is in sy peetjie in. Maar dit is nie alles verdoemenis en somberheid nie.
Welwillendheidsorganisasies stem saam dat mense in hierdie tyd saamgestaan het.
Ds Thys Lourens van die Gereformeerde Kerk Nelspruit sê mense het werklik in hierdie tyd hul hande opgesteek in terme van gawes.
27 Nov 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min