Pumas maak ses veranderinge voor Sharks-wedstryd

Loading player...
Die Phakisa Pumas skop vanaand die Curriebeker af teen die Cell C Sharks.
Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het ses veranderinge aan sy beginspan gemaak.
Die pienk truie se krukkelys is lank, maar hy sê die span het gewys hulle het meer diepte as wat hy gedink het.
Die Sharks is egter ‘n besonder sterk span en lê derde op die punteleer. Hulle het na die Super Rugby-reeks 19 punte teenoor die Pumas se sewe.
Die wedstryd skop 19:00 af op Kings Park in Durban.
27 Nov 2020 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min