Veldwagter vermis in die Krugerwildtuin

Loading player...
‘n Ervare veldwagter is sedert Dinsdagaand vermis in die Krugerwildtuin.
Volgens woorvoerder, Ika Phaahla, is Checkers Mashego 51 jaar oud.
Hy was saam met ‘n kollega op patrollie in die Nsilikazi-rivierbedding in die Stolsnek-area.
Hulle het uitmekaar gegaan om iets te ondersoek.
Mashego het nooit by die afgespreekte ontmoetingsplek opgedaag nie.
Spanne soek sedertien na hom.
Volgens Phaahla is hy nie bewus dat so iets al ooit in die wildtuin gebeur het nie.
As enigiemand hom gewaar, moet hulle 013-735-0197 bel.
19 Nov 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min