DA maak alarm oor toerisme se besnoeide begroting

Loading player...
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat R40 miljoen van die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap ontneem is om die Covid-19-pandemie te beveg.
Volgens die party dui die tweede kwartaal se verslag daarop dat die provinsiale tesourie die geld van veral klein besighede wat deur die agentskap ondersteun word, geneem het om op die pandemie te fokus.
Die provinsie sal na verwagting nog befondsing aan die nasionale regering terug moet gee.
Die DA se Bosman Grobler sê dit is verstaanbaar dat niemand vir die pandemie kon begroot nie, maar ekonomiese drywers moet steeds ondersteun word.
9 Nov 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min