Vermeende gewapende rowers vasgetrek na Badplaas-polisiestasie roof

Loading player...
Drie verdagtes wat na vermoede die Badplaas-polisiestasie in September beroof het, is aangekeer.
Die Mpumalanga Valke se kaptein Lloyd Ramovha, sê hulle is gister in Mbombela vasgetrek.
Die gesteelde vuurwapens, ‘n R5-aanvalsgeweer en twee pistole, is ook gekonfiskeer. Dit sal getoets word om te bepaal of dit in ander misdade gebruik is.
Die drie verdagtes staar klagte van gewapende roof en die besit vir die staat se vuurwapens in die gesig.
23 Oct 2020 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min