Bestuurder borgtog geweier na twee matrieks sterf

Loading player...
Die taxi-bestuurder wat beskuldig word dat hy Maandag twee graad 12-meisies hul lewens gekos het in Bosbokrand, is borgtog geweier.
Hy het in die Mhkuhlu-landdroshof verskyn op twee klagte van moord.
Hy het ‘n groep matrikulante glo met sy voertuig getref terwyl hulle op pad was huis toe na ‘n eksamen. Twee kinders is ook beseer.
Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga sal die meisies se families vanmiddag besoek.
Die departement se Gerald Sambo het meer.
14 Oct 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min