Ehlanzeni-voorsitter vereer vir krieketontwikkeling

Loading player...
Peet Welthagen is die naweek by die Mpumalanga-sporttoekennings spesiaal vereer deur die LUR vir sport en ontspanning vir sy bydrae tot die ontwikkeling van krieket in die provinsie.
Welthagen is die voorsitter van Ehlanzeni Krieket en dien op die bestuur van Mpumalanga Krieket.
Hy sê tot dusver is sy eie ontwikkelingswerk op 'n ad hoc-basis gedoen.
Hulle het egter reeds ‘n nie-winsgewende organisasie, RPA Sport, gestig om dit voortaan beter te organiseer.
28 Sep 2020 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min