TRAC ervaar besigste naweek van 2020

Loading player...
Die afgelope langnaweek was die besigste op die N4 van die jaar sover.
Trac se woordvoerder, Solange Soares, sê verkeersvolumes het gister hul piek bereik.
Meer as een-duisend-nege-honderd voertuie is per uur deur die Middelburg-tolplaza in beide rigtings.
Machadodorp was amper so besig, met meer as een-duisend-vyf-honderd voertuie deur die plaza per uur in die vroeg- en laatmiddag.
Soares sê hulle verstaan mense se frustrasie met die vertragings, wat vererger is deur padwerke.
28 Sep 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min