Thaba Chweu-inwoners sê hul sê oor tariefverhogings

Loading player...
Inwoners van Thaba Chweu het hard en duidelik “nee” gesê vir die munisipaliteit se nuwe elektrisiteitstariewe.
‘n Omstrede elektrisiteitsfooi van honderd-vyf-en-tagtig-Rand en tariefverhogings van tien persent is in Julie ingestel.
Na burgerlike aksies is dit tydelik afgeskaf tot ‘n openbare deelnameproses kon plaasvind.
Dit is nou afgehandel.
Die gemeenskap se terugvoer moet nou by die volgende raadsvergadering voorgelê word.
Comfort Sibiya, die DA se voorsitter in Thaba Chweu, sê hy glo inwoners sal hierdie keer hul sin kry.
22 Sep 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min